Deur ALANI JANEKE
31 Mei 2012

805 keer gelees | 2 kommentaar

Die staat moet besef kommersiële boere is sy grootste bate om die ekonomie op dreef te kry, sê die TLU SA.


Die staat moet besef kommersiële boere is sy grootste bate om die ekonomie op dreef te kry, sê die TLU SA. Mnr. Bennie van Zyl, hoof uitvoerende beampte, sê die waarde van boere in die platteland, om daar bestendigheid te bewerkstellig en dorpe te help om ekonomies te gedy, word nie na behore erken nie.

Van Zyl was een van die sprekers op ’n konferensie oor grondhervorming deur die Ad Hoc-komitee vir eiendomsreg in Pretoria aangebied is. “Geen boer het sy grond gesteel nie en ons moet waak dat die oormatige gebombardeerdery met al die leuens wat so aanmekaar vertel word, nie ’n skuldgevoel laat ontwikkel nie. Die kommersiële boere kan en moet trots wees op wat in hierdie land vermag is.”

Beperking van swart boere
Intussen sê dr. Anthea Jeffrey, ’n spesiale navorsingskonsultant vir die Instituut vir Rasseverhoudinge, die Konsepwet op Verblyfreg van 2010 en die groenskrif oor grondhervorming se fokus is nie om ’n nuwe onafhanklike geslag swart boere wat grond besit, op te bou nie. “Pleks daarvan sal begunstigdes van grondhervorming tot huurpag beperk wees, terwyl kommunale grondbesit in voormalige tuislande behou sal word.”

Jeffrey sê dié twee wette sal tot grondnasionalisering lei. Sy sê ’n “big-bang”-benadering sal nie gebruik word nie, maar die staat sal geleidelik meer en meer grond in sy besit hê, wat ander afhanklik van hom sal maak.

Jeffrey sê die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR), waarop dit sedert 1994 fokus, doen die land skade aan. Sy sê daar is egter faktore wat dié benadeling teenwerk, soos die Grondwet.

31 Mei 2012
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dyn

2012/06/01 08:50:40 AM

Wat help dit julle hou konferensies en werkswinkels en vergaderings en maak uitsprake en spreek julle kommer uit en en en. In die vergaderings/konferensies/seminare sien ek hoofsaaklik net 'whitys' - julle sal swartes moet begin betrek teen die spoed van wit lig om die boodskap oor te dra en te laat registreer dat 'n krisis op pad is. Waarin die regerende party tans belangstel is om omtrent alle grond in swartes se besit te plaas - of daar nou 'n voedseltekort gaan wees weens onekonomiese produksie (want hulle wil die huis/trekker/ploeg en kar he en dan 'n bestaansboerdery bedryf) al dan nie. Die ideologie is hier nr 1 en hulle is nie bekommerd oor wat daarna gaan gebeur nie.


Butch van Blerk

2012/06/01 10:38:11 AM

Mnr van Zyl - wat u se is so waar , maar ons moet almal besef dat hierdie 'n magtige poging gaan verg om hierdie boodskap oorgedra te kry. Ek stem met u saam dit is ons onafwendbare plig, maar die strategie sal goed ontwerp moet wees. Die klok sal hard genoeg gelui moet word - bemarking, advertensie (selfs meer as wat belastingbetalersgeld ETOL ge-adverteer het) en dan nog INTERNASIONALE DRUK - veel meer as wat ons tot dusver gebruik van gemaak het. Die UN is begaan oor voedsel sekerheid - gaan sien hulle - laat hulle 'n dreigbrief aan die regering hier stuur om hul prioriteite reg te kry - aanmekaar en sonder ophou - sulke ruggraatlose karakters veg ook net tot op 'n punt.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights