deur ALANI JANEKE
26 September 2012

517 keer gelees | 0 kommentaar

Ontevredenheid heers omdat TLU SA nie genooi is om aan die onlangse eenheidsgesprek rakende die landbou deel te neem nie.


’n Mosie is op die TLU SA se jaarlikse kongres aanvaar waarin kommer uitgespreek word oor die eenheidsgesprek wat onlangs op Agri Mega Week 2012 plaasgevind het. Mnr. Bennie van Zyl, hoof uitvoerende beampte, sê die organisasie is nie genooi om aan die gesprek deel te neem nie.

Hy het toevallig tydens die tentoonstelling van die gesprek gehoor. Hy het van die openbare vloer af aan die gesprek deelgeneem en kommentaar gelewer. “En ek is ná die tyd deur talle mense bedank vir die standpunte wat ek gestel het.”

Kommer uitgespreek
Mnr. Bastian Bakkes, lid van die Tsitsikamma-boerevereniging, het die mosie aan die kongres voorgestel. Hy sê kommer bestaan oor die rol wat belanghebbendes, soos onder andere oudminister Roelf Meyer, in die gesprek speel “terwyl hulle geen landbouverbintenis het nie en beleef word dat hulle optrede eerder deur politieke agendas gerig word.”

Bakkes, en me. Louise Rossouw, lid van die Dordrecht-boerevereniging en sekondant vir die mosie, het die kongres gevra om te bevestig dat die organisasie se standpunt is dat hy bereid is om met enige belanghebbende in gesprek te tree oor beginselstandpunte. “Dit moet dus eenheid in standpunt wees voordat enigsins gedink kan word aan eenheid in struktuur.”

Die mosie sê die landbou is ’n ekonomiese proses en dit behoort deur ekonomiese beginsels aangedryf te word. Nog ’n bepaling wat as deel van die mosie goedgekeur is, is dat enige van dié gesprekke deur die uitvoerende gesag van die organisasie, van die kongres na die dagbestuur, goedgekeur moet word.

Lees meer hieroor in Landbouweekblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights