Deur ALANI JANEKE
20 September 2012

708 keer gelees | 0 kommentaar

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se statistiek vir veediefstal dui op ’n toename van 1,5% in die boekjaar 2011/’12.


Kommer bestaan oor die toename in veediefstal wat in die boekjaar 2011/’12 jaar aangeteken is. Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, sê tussen die boekjare 2010/’11 en 2011/’12 is ’n toename van 1,5% in veediefstal aangeteken.
 
Dít volg op ’n daling van 8,2% tussen die boekjare 2009/’10 en 2010/’11. “Die daling beteken dat ons ons benadering moet hersien, want ons mag nie toelaat dat dié effense toename ’n tendens word nie,” aldus Mthethwa.
 
Hoenderdiefstal
Mnr. Jaco Maré, voorsitter van die Nasionale Veediefstalforum, sê een van die redes vir die styging kan die toename in hoenderdiefstal wees. Hy het tydens die Rooivleisprodusente-organisasie se jaarkongres gesê die koste verbonde aan gesteelde diere is in die boekjaar 2010/’11 verhoog.
 
Beeste se waarde is verhoog tot R10 400 stuk, terwyl ’n skaap se gemiddelde waarde op R1 700 bepaal is. Bokke, donkies en perde se waarde is tot onderskeidelik R1 950, R650 en R3 500 stuk verhoog.
 
Verliese
Mnr. Pieter Groenewald, parlementêre verteenwoordiger vir die Vryheidsfront Plus, sê: “Boere kla dus met reg oor die ekonomiese verliese weens diefstal in die landboubedryf. Dit dui ook daarop dat veiligheid in landelike gebiede nie doeltreffend is nie.”
 
Intussen het Mthethwa opgemerk dat “toegewyde fokus nou aan die praktiese implementering van die Landelike Beveiligingstrategie gegee moet word.” Binne dié fokus word spesifiek ook aandag geskenk aan veediefstal, wat veral oor landsgrense heen plaasvind.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights