Deur ALANI JANEKE
1 Augustus 2012

1041 keer gelees | 0 kommentaar

Insekdoder-konsultante en gewasaanplanters in Amerika kan nou ’n toepassing gebruik om insekbestryding te verbeter.


Die aantal insekte in ’n landery en die bestryding van dié insekte kan nou elektronies gedoen word met ’n nuwe toep wat daarvoor ontwerp is.

Die toep, MyTraps.com, sal boere in staat stel om die skade wat insekte aan aanplantings doen, beter te bekamp én om insekdoders meer ekonomies aan te wend. Dit kan vir enige gewas gebruik word.
 
Luidens ’n verklaring is die toep deur Spensa Technologies Inc. ontwikkel en bekend gestel, terwyl Allegro Dynamic LLC die sagteware vir die toep ontwerp het.
 
Toepgebruikers kan data oor insekgetalle en die gebruik van insekdoders in die toep – deur middel van ’n elektroniese instrument, soos ’n rekenaar, iPad, of ’n slimfoon – invoer. Die toep omvorm die data dan in ’n Excel-dokument, wat die konsultant of boer so gereeld soos wat hy wil, kan opdateer.
 
Toekomstige bestryding
Mnr. Johnny Parks, hoof uitvoerende beampte van Spensa Technologies, sê die toep berg nie net inligting op van die insekbevolking wat in ’n sekere stadium in ’n landery voorkom nie, dit berg alle data op sodat ’n geskiedenis van data opgebou kan word. Dít sal die gebruiker in staat stel om vir die toekoms ook te beplan.
 
Nóg ’n belangrike afdeling van die toep is dat dit ook lugfoto’s verskaf van die gebiede waarvan die data ingevoer is. Op dié lugfoto’s word die presiese plekke waar die insekte hulleself bevind, aangedui.

In 2010 het Amerika sowat $20 miljard weens insekskade aan aanplantings verloor. Dié land het ook sowat $4,5 miljard in in dié jaar aan insekdoders bestee.
 
Volgens Parks sal die toep die bedryf nie net in staat stel om insekbestryding beter te bestuur nie, maar ook die gebruik van dié giwwe meer omgewingsvriendelik maak.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights