deur ALANI JANEKE
19 September 2012

291 keer gelees | 0 kommentaar

Meer as 50 mense gaan vanjaar aan ’n motorfietstoer deelneem in ’n poging om landelike gemeenskappe oor dié siekte in te lig.


Plaaswerkers en landelike gemeenskappe is deel van die gehoor op wie deelnemers aan die Cancer.vice-motorfietstoer hulle gaan toespits op hul jaarlikse reis deur die land. Die geleentheid word aangebied deur die nie-regeringsorganisasie People Living With Cancer (PLWC).

Dié groep het verlede jaar sowat 2 400 kilometer tussen Johannesburg en Kaapstad afgelê. Vanjaar sal hulle van 22 tot 29 September deur Gauteng en Mpumalanga reis en onder meer in Soweto, Sabie, Nelspruit en Mantongomane stop.

Me. Roxy MacNaughton, woordvoerder vir die veldtog, sê die groep sal die sitrusboerdery Joubert & Seuns naby Machadadorp besoek. Inligtingsessies oor kanker sal in die gemeenskapsaal in Baberton, die Nasaret-gemeenskapsaal in Middelburg en die Greensidemyn-gemeenskapsaal in Witbank aangebied word.

25 Kankeroorlewendes

Die span op die motorfietse bestaan uit 50 mense van wie 25 reeds die stryd teen ’n vorm van kanker gewen het. Myra Maud, die Franse sangsensasie, en Lillian Dube en Janie du Plessis, wat kanker reeds getroef het, is ook deel van die span. John Sithole, bekende choreograaf, sal ook te sien wees.

 Kanker raak miljoene Suid-Afrikaners, maar sowat 30% van alle kankers kan voorkom of behandel word mits dit betyds gediagnoseer word, maar People Living With Cancer sê inligting is die sleutel.

 “Ons opvoedings- en bewusmakingsprogramme fokus op die vroeë diagnose en behandeling van alle kankers, maar spesifiek dié kankers waaroor mense huiwer om te praat weens kulturele of maatskaplike stigmas. Die sogenaamde skaam kankers sluit testikulêre, servikale, prostaat-, ovirale, bors- en kolorektale kanker in,” verduidelik me. Frieda Hennings, bedryfsbestuurder vir Cancer.vive. Sy sê dié kankers word dikwels nie betyds behandel nie weens ’n gebrek aan kennis, vrees of skaamte.

Besoek www.cancervive.co.za vir meer inligting.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights