Deur ISABEL STOLTZ
18 Oktober 2012

920 keer gelees | 2 kommentaar

Permitte om luiperds te skiet, gaan ingeperk word as te veel van dié diere van kant gemaak word, word gewaarsku.


Permitte om luiperds te skiet, gaan ingeperk word as te veel van dié diere van kant gemaak word, waarsku mnr. Deon Cilliers van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT).

Die huidige vlakke van vervolging in die Waterberg, Limpopo, is ’n rede tot kommer weens die impak op skaars en bedreigde roofdiere, het hy op die TLU SA Noord-kongres buite Modimolle in Limpopo gesê. ’n Studie oor die roofdierprobleem in die Waterberg het getoon dat roofdiere jaarliks vir verliese van gemiddeld R1 605/plaas (R1,25/ ha) verantwoordelik is.

“Dit het waarskynlik geen impak op inkomste nie en het 0,028% van Limpopo-landbou se bydra tot die ekonomie in 2010 beloop.” Die studie oor die afgelope twee jaar het 95 plase en 92 grondeienaars betrek, van wie 75% Afrikaanssprekend was of Afrikaans en Duits as huistaal het.

Die gemiddelde grootte van die plase is 1 300 ha. Op 43% word met wild geboer, op 25% met vee en 32% het ’n gemengde boerdery. Sowat 65% van grondeienaars het roofdiere vrek gemaak sonder bewyse dat hulle verantwoordelik was vir skade.

Fokus op Limpopo
Limpopo het 49% van die totale getal wildplase in Suid-Afrika en die intensiewe teling van mutasies met ’n hoë finansiële waarde vind daar plaas, sê Cilliers.

Roofdiere wat in die provinsie voorkom, is hoofsaaklik jakkalse, rooikatte, luiperds, hiënas, jagluiperds en wildehonde. Oor die studietydperk is 1 095 jakkalse doodgemaak, 129 bruin hiënas (8% van dié diere in die land), 77 luiperds (9% van dié diere in die Waterberg en Mpumalanga), 72 wildehonde (65% van dié diere buite parke en 16% in die land) en 67 rooikatte.

Slegs 13% jakkalse, 28% luiperds en 15% rooikatte wat vrek gemaak is, het boere laat skade ly. “Die meeste roofdiere wat van kant gemaak is, is vrek gemaak as voorsorgmaatreël teen verliese en bevolkingsbeheer en bloot omdat op hulle afgekom is en nie omdat hulle verantwoordelik was vir die meeste skade nie,” sê Cilliers.

Om spesifieke diere vrek te maak of te verwyder wat vir skade verantwoordelik is, blyk die beste uitweg te wees. Die EWT se veewagtershond-projek is baie suksesvol met ’n groot vermindering van skade weens roofdiere, het Cilliers gesê.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/18 02:21:46 PM

In die Wes Kaap is die kaapse luiperd werklik skaars. In Die Paardebeg natuurreservaat was een . Hy/sy het drie van my ooie op een nag doodgebyt. Wreed, maar ek was meer as bereid om die natuur sy gang te laat gaan met so 'n eksotiese dier. - het trop bobbejane behoorlik op 'n knop gejaag, Blyk dat hy weggetrek het, want geen teken meer van hom. Wat 'n jammerte.


Pieter

2012/10/21 08:46:14 PM

Iewers het iemand 'n verkeerde kat aan die stert beet, waarvan leef al die roofdiere as hulle nie prooi vang nie? Dit gaan niks help dat 'n boer wag totdat daar skade is voordat hy dit probeer beperk nie. Nie eens die beste boer kan een van sy diere uit die dood uit boer nie, hy moet probeer verhoed dat dit gevang word! Ek bevraagteken die "studie." Die getalle jakkalse en rooikatte wat genoem word, is 'n bitter klein persentasie van dit wat in Limpopo voorkom. Dit spreek van 'n baie onwetenskaplike onvolledige studie! Gesels met boere, wild sowel as veeboere en dit is duidelik dat veral rooikatte se getalle dramaties toegeneem het. Daar is ook 'n groot toename in Tierboskatte. Waar jakkalse en rooikatte se getalle beheer word, is daar 'n toename van Swartpootkatte (Felis nigripes) Ek wil voorstel dat die volgende studie gedoen moet word waar boere boer om geld te maak om te oorleef en nie waar sogenaamde boere boer om geld klaar te maak nie!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights