Deur ALANI JANEKE
16 Julie 2012

501 keer gelees | 1 kommentaar

Die bestuurder van die vragmotor wat teen ’n trein in Mpumalanga gebots het, word deur 25 klagte van moord in die gesig gestaar.


Die bestuurder van die vragmotor wat Vrydag (13 Julie 2012) teen ’n trein in Mpumalanga gebots het, het glo nie die waarskuwingseine van die trein gehoor nie. Hy verskyn Maandag (16 Julie 2012) in die landdroshof op Tonga, waar hy deur 25 aanklagte van moord in die gesig gestaar word.
 
Die vragmotor het plaaswerkers na hul werk toe vervoer toe dit net buite Hectorspruit teen ’n volgelaaide steenkooltrein gebots het. Luidens ’n berig op JacarandaFM het altesaam 25 mense sedert die ongeluk beswyk. Drie mense is glo nog in ’n kritieke toestand in ’n plaaslike hospitaal.
 
Die bestuurder sal volgens berigte vir eers nie om borgtog aansoek doen nie.
 
Trekkerongeluk
Intussen verskyn drie persone in die Tulbagh-landdroshof in verband met ’n trekkerongeluk wat in Januarie vanjaar plaasgevind het. Agt mense het in die ongeluk omgekom en 22 is beseer. Luidens ’n berig op News24.com is klagte van strafbare manslag teen mnre. Izak Stuurman, James van Rooyen en Gert Engelbrecht gelê.
 
Stuurman het die trekker bestuur. Die ongeluk het op die Kleinbergrivier-brug in Gouda plaasgevind. Twee vragmotors het die brug genader. Die eerste kon betyds stop, maar die tweede het uitgeswaai, waarna dit ’n voertuig en die trekker getref het.
 
Die twee vragmotors was glo padwaardig, maar nie die trekker nie. Van Rooyen is die eienaar van die trekker.
 
Bronne: JacarandaFM en News24.com
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Klippies

2012/07/16 02:38:51 PM

Dit klink of pres. Zuma vir die boere moontlik busse en bussies gaan gee om werkers te vervoer. Die houer of bak waarin hulle vervoer is, is ook glo 'n groot oortreding. Ek wil my verstout om te sê dat as dit 'n passasiersbus was, was daar nog meer mense dood.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights