Deur ALANI JANEKE
18 Julie 2012

1376 keer gelees | 7 kommentaar

Die boer na wie die werkers vervoer is wat verlede week in ’n botsing met ’n trein betrokke was, het die Arbeidswet oortree, sê die staat.


Die Arbeidswet is oortree deur die boer na wie die werkers wat verlede week in ’n treinongeluk betrokke was, vervoer is, sê die Departement van Arbeid.

’n Voorlopige ondersoek is glo onderneem, en volgens die ondersoek het die boer die Wet op Basiese Diensvoorwaardes oortree.

Luidens ’n berig op Nuus24.com het me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, in ’n verklaring gesê die boer het nie rekords gehad van die werkers nie, en dit “vererger die probleem. Die afwesigheid van hierdie besonderhede is ’n oortreding van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Die wet bepaal dat werkgewers besonderhede van hul werknemers moet hê, insluitend van hul naasbestaandes.”

Volgens die berig is 25 mense oorlede en verskeie beseer in die ongeluk waar die vragmotor by ’n spooroorgang naby Malelane voor ’n volgelaaide steenkooltrein ingery het.

Ontken
Oliphant sê volgens arbeidsinspekteurs ontken die boer dat hy die werkers in diens geneem het. “Volgens hom het ’n kontrakteur die werkers na hom gebring. Dit is duidelik ’n onverdedigbare posisie en ’n oortreding van die Arbeidswet, wat bepaal dat die werkgewer al die besonderhede moet hê van mense wat op sy perseel werk.”

Mnr. Hennie Laas, hoof uitvoerende beampte van Mpumalanga Landbou, het in ’n vroeëre onderhoud met Landbou.com gesê met die inligting tot sy beskikking weet hy nie op watter gronde die departement ’n ondersoek teen die boer wil doen nie.

Volgens Laas se inligting is die werkers deur ’n kontrakteur – glo die bestuurder van die vragmotor – na hom vervoer waar hulle werk gesoek het. Dié werkers was dus nie in sy diens nie en die vragmotor behoort ook nie aan hom nie.

Bron: Nuus24.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan du Plessis

2012/07/18 12:27:22 PM

As boere al die administrasie moet doen wat die staat voorskryf sal daar nie tyd wees om te boer nie. Indien 'n boer van 'n kontrakteur gebruik maak, dan moet die kontrakteur al die inligting insamel. Daar is lankal reeds 'n behoefte daaraan om kontrakteurs te reguleer. Dit is buitendien hoogtyd dat kontrakteurs iets doen vir die geld wat hulle verdien, want baie beroof hulle eie werknemers (en plaas die skuld op die boere vir die werkers se lae inkomste). 'n Boer sal bv. R50 000,00 aan 'n kontrakteur betaal om 'n taak af te handel, met kostes soos vervoer en daglone ingesluit, maar dan betaal die kontrakteur net R20 000,00 aan werkers uit! Buitendien bring kontrakteurs byna elke dag ander/nuwe mense... hoe kan die boer besonderhede hê van mense wat nog nooit by hom gewerk het nie? Ek kan nie sien hoe hierdie boer moet pa staan vir daardie kontrakteur se ongeluk nie.


butch

2012/07/18 02:57:34 PM

Ag nee Minister - al het u geen kennis van die reg nie, het u darem tog seker bietjie common sense wat u kan gebruik voor u sulke uitsprake in publiek doen.


Stefan Buys

2012/07/18 08:24:12 PM

Die minister meen seker as die boer die betrokke dokumentasie volgens wet gehad het, dat die oorledenis se lewens gespaar sou wees. Jy is van die punt af Oliphant. Moet daar dan n Boer pakslae kry vir alles wat in die land verkeerd loop.


Saaiboer

2012/07/18 11:21:15 PM

Gedink miesies Olifant sal weer 'n volstruiseier wil lê. Wat is haar uitsprake oor die kontrakteur, maar nee, sy dink sy gaan weer 'n paar stemme werf. Minister, hou aan met twak praat, jou en jou comrades se tyd loop uit.


butch

2012/07/19 08:36:07 AM

Ek stem saam met Johan, Stefan en Saaiboer hierbo!


D coetzee

2012/07/20 09:28:11 AM

Hoe bewys jy dat dit wel daardie boer se werkers is. Die vragmotor bestuurder kon netsowel rylopers opgelaai het. Die gebeure is tragies en dis jammer dat dit alweer gebruik word om die boere by te kom.


Namibia

2012/08/06 02:03:21 PM

Die regering het geen idee wat in die land aangaan nie!!!! Baie werkers wil nie aangestel word nie want hulle wil kom en gaan soos hulle wil!!Ai en al die reels en regulasies wat moet toe gepas word is ongelooflik simpel want ek weet vir seker dat meeste inligting wat volgens die regering van toepassing is, is nutteloos. Hulle moet n land regeer so dit sal beter wees as hulle die regte probleme takel soos moord, diefstal en de vinnige agteruit gaan van die land en die simpel goedjies eers eenkant sit.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights