Deur ALANI JANEKE
26 Oktober 2012

1608 keer gelees | 1 kommentaar

Trekkers, vragmotors en bakkies “roer” om te plant by Bultfontein en ander dele van sentrale SA ná reën begin val het.


Bekommerde boere in sentrale Suid-Afrika sug van verligting ná reën die afgelope twee dae in verskeie dele van die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap geval het.

Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, sê in die distrik Bultfontein het tussen 40mm en 60mm geval. “Die wêreld daar is aan die roer. Al wat ’n bakkie, trekker en vragmotor is dreun soos die ouens begin plant of voorberei om te plant.”
 
Die reënval het wisselend voorgekom. Steytler het sowat 30mm op sy plaas naby Luckhoff gemeet, terwyl mnr. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê hy het sowat 17mm naby Reitz gemeet. Kriek sê ’n boer naby Winburg het 44mm reën gehad. Mnr. Dirk Bredenkamp, streeksverteenwoordiger vir Vrystaat Landbou in Bloemfontein, sê reënval in dié distrik het tussen 10mm en 25mm gewissel.
 
“Die boere smile al die pad,” vertel Bredenkamp. Hy sê die vog sal baie help om weiding te laat groei – “wat ’n reuse-probleem is. Plek-plek het boere ook koring wat gewag het vir ’n bietjie reën vir die laaste groeifase.”
 
Haelskade
Intussen doen boere in die distrikte Hopetown en Orania skade-opnames ná ’n haelstorm deur die omgewing beweeg het. Mnr. Nicol Jansen, ondervoorsitter van Agri Noord-Kaap, sê verskeie huise en pakkamers se dakke het afgewaai en vensters is stukkend geslaan. ’n Varkboer het groot skade ná die wind een van sy hokke se dakke afgewaai en een van sy voerkamers se mure omgeval het.
 
“En dan is daar ook geweldige skade aan van die boere se koring- en lusern-oes. Die storm het in ’n strook beweeg, so net gedeeltes is beskadig. Van die koring wat getref is, was besig om te blom, so die totale skade kan nie nou bepaal word nie, want ’n mens kan nie seker weet of daai koringplante pitte gaan vorm nie,” aldus Jansen.
 
Mnr. Cor van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, sê groot dele van dié provinsie is nog droog. Hy sê in die westelike dele het tussen 5mm en 12mm reën Donderdag (25 Oktober 2012) voorgekom. “Dinge lyk rof, die weidings lyk nog sleg.”

Mnr. Jaco Maré, tweede ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê in die distrik Hartbeesfontein het tussen 25mm en 10mm se “welkome reën” geval.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/10/26 08:13:35 PM

Die Grootbaas het uitkoms gegee! Baie dankie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights