Deur JIM RANKIN
7 Junie 2011

1284 keer gelees | 0 kommentaar

Trekkerverkope in Mei was bykans 49% meer as die getal eenhede wat in Mei verlede jaar verkoop is.


Trekkerverkope van 449 eenhede in Mei, is byna 49% meer as die 299 eenhede wat verlede Mei verkoop is.

Mnr. Lane Reynolds, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê trekkerverkope is tot dusver vanjaar bykans 22% hoër as verkope vir die eerste vyf maande van verlede jaar.

Stroperverkope van 33 eenhede in Mei is byna 38% hoër as die 24 eenhede wat in Mei verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope van 124 eenhede byna 9% meer as stroperverkope vir die eerste vyf maande van verlede jaar.”

Reynolds sê dit is die sewende opeenvolgende maand wat verkope vir die maand, vergeleke met dieselfde maand van die vorige jaar, hoër is. “Dit weerspieël die volgehoue optimisme in die mark vir landboumasjinerie. Fundamentele aspekte in die bedryf, soos goeie kommoditeitspryse, goeie verwagte someroeste, relatiewe maklike finansiering en die aantreklike pryse vir nuwe toerusting op grond van die volgehoue sterk rand, bly gunstig.

“Sekere boere met groter vlote benut ook die geleentheid om masjinerie te vervang. Met die onlangse reën in baie gebiede lyk die vooruitsigte vir die aanplant van koring ook goed."

Na verwagting kan trekkerverkope vir die 2011-kalenderjaar tussen 5 600 en 5 900 eenhede te wees, sowat 10% tot 15% hoër as verkope in 2010.

7 Junie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights