deur ALANI JANEKE
5 Oktober 2012

524 keer gelees | 0 kommentaar

Verkope van trekkers daal in September, ná sy goeie vertoning in die eerste helfte van die jaar.


Trekkerverkope het vir die grootste deel van die jaar ’n bullopie ervaar, maar ’n daling is verlede maand aangeteken. Die Landboumasjinerie-assosiasie (Salma) sê verlede maand is 258 minder trekkers verkoop as in September verlede jaar. Verkope vir die jaar tot dusver is wel 13% hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
 
Luidens ’n verklaring hoef die daling nie ’n bron tot kommer te wees nie. Salma sê gemiddeld 617 trekkers is die afgelope vyf jaar in September verkoop. “Trekkerverkope in September en Oktober verlede jaar was besonder goed en verkope vir die onderskeie maande word dus met mekaar vergelyk.”
 
Hoër stroperverkope
Intussen het stroperverkope verlede maand ’n styging van 21% aangeteken met 23 eenhede wat toe verkoop is teenoor 19 eenhede in September verlede jaar. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is ’n allemintige 46% hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
 
Salma sê die mark vir landboumasjinerie bly lewendig“Kommoditeitspryse bly goed en onlangse reën in sekere somergewasgebiede het boere in staat gestel om daar te begin plant.”
 
Weersomstandighede sal na verwagting vir die res van die jaar een van die dryfvere vir die verkope vanlandboumasjinerie wees. Die bedryf verwag dat tussen 7 700 en 8 100 eenhede vanjaar verkoop sal word.Verlede jaar is sowat 7 400 eenhede verkoop.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights