5 Julie 2012

1149 keer gelees | 0 kommentaar

Die dryflopie wat trekkerverkope sedert begin vanjaar aanteken, gaan voort met ’n styging van 14% wat in Junie vanjaar aangeteken is, sê SAAMA.


Trekkerverkope neem sedert begin vanjaar toe, en verlede maand was geen uitsondering nie. Altesame 710 eenhede is verkoop, en ’n styging van 14% is aangeteken vergeleke met verkope in Junie verlede jaar.

Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie (SAAMA) sê stroperverkope vir verlede maand het verdubbel vergeleke met Junie verlede jaar se syfers.

Luidens ’n verklaring is altesame 42 eenhede verlede maand verkoop, met 21 eenhede wat in Junie verlede jaar aangeteken is. Vir die jaar tot dusver het stroperverkope ook verdubbel vergeleke met die eerste ses maande van verlede jaar.

Lewendige mark
Volgens SAAMA bly die mark vir landboumasjinerie lewendig. “Met die mielie-oes wat nou in alle erns aan die gang is en goeie mieliepryse, behoort boere seker te voel oor die algehele waarde van hul oeste. Dit beteken dat hulle met groter vertroue oor aankope kan besluit.”

Die organisasie meen dat sommige boere vroeër oor aankope sal besluit “voor die onvermydelike styging van pryse vir toerusting wat gaan volg op die swakker waarde van die rand.”

’n Kleiner aanbod wat tenders betref, kan in die komende maande die huidige neiging teenwerk. SAAMA sê die meeste aflewerings rakende tenders is reeds afgehandel.

Verwagtinge bly egter steeds dat meer stroper- en trekkereenhede vanjaar verkoop sal word as die sowat 7 400 eenhede wat verlede jaar verkoop is.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights