Deur ALANI JANEKE
13 Augustus 2012

2074 keer gelees | 6 kommentaar

Twee mense is dood en ’n derde beseer in twee plaasaanvalle wat die landbougemeenskap opnuut geruk het.


Drie verdagtes word tans in Noordwes gesoek ná ’n boervrou van Hartebeesfontein Maandagoggend (13 Augustus 2012, op ’n plaas geskiet is. Die vrou was op pad dorp toe, toe die groep haar by die plaashek aangeval het.
 
Kapt. Tselane Nkala, polisiewoordvoerder, sê die vrou het omstreeks 09:00 by die plaashek naby die huis stilgehou om dit oop te maak.
 
“Die drie mans het haar daar voorgelê en het haar in die wang, arm en bors geskiet,” vertel Nkala. Die vrou se ouderdom is vermoedelik tussen 35 en 39 jaar oud.
 
Vlug
Die verdagtes het met die vrou se voertuig van die toneel gevlug. Nkala sê dié voertuig is intussen verlate in die omgewing gevind. Die groep is glo nou met ’n bruin bakkie aan die vlug.
 
Die vrou is met haar aankoms by ’n hospitaal dood verklaar.
 
Enigiemand wat ’n verdagte voertuig in die omgewing opmerk, word gevra om die naaste polisiekantoor te skakel.
 
Tweede voorval
Intussen is ’n bejaarde boer van Jansenville Sondagaand (12 Augustus 2012) vermoor en sy vrou ernstig beseer in ’n aanval. Luidens ’n berig op Nuus24.com is die 70-jarige mnr. Owen Charles deur vyf mans in sy huis op die plaas Armadale aangeval en met messe gesteek.
 
Hy is op die toneel dood. Sy vrou is ook met messe aangeval en word in ’n hospitaal in Port Elizabeth behandel.
 
Die verdagtes het met Charles se bakkie en wapens op die vlug geslaan.
 
Bron: Nuus24.com
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jan

2012/08/13 06:40:05 PM

Die soort nuus is skokkend en dit vervul mens met wrewel. Waar is ons oppad heen? Waar gaan dit eindig? Gaan iets daaromtrent gedoen word? Daar is net vrae en tot nou toe geen antwoorde nie!


Anton

2012/08/14 08:39:58 AM

Wil graag 'n blanko blaai in stuur uit protes teen die geweld wat maar net aangaan en aangaan. Geen kommentaar hier het al 'n verskil gemaak nie. Dis egter onmoontlik om 'n blanko blaai te stuur.


A Rossouw

2012/08/14 01:15:11 PM

Dan se hulle dit is nie ras gedrewe nie wie skiet n vrou en ry net n ent weg met n motor dit lyk meer soos n speletjie van barbare wat leker kry om plaase aan te val en agterna grootpraat by pelle oor die prestasie die regering moet waker geskud word.


Renier

2012/08/14 08:17:36 PM

Die soort gebeure is dan inpas met die regering anders sou daar al lankal optrede gewees het, so wie gaan iets daaraan doen?


Louise

2012/08/17 01:21:35 PM

Mense dit gebeur nou net so dikwels in Namibia ook. Dit is onaanvaarbaar in altwee lande en daar sal drasties iets gedoen moet word. Mens is te bang om vrou alleen iewers heen te gaan, al is dit net dorp toe. Kan ons nie maar ook opmars na die Parlemente toe nie om ons griewe en stemme te laat hoor, of eis vir die terugbring van die doodstraf. Dit is mos die manier om eise te stel, dan nie.


jacques

2012/08/21 04:26:58 AM

Ja wat waan2 gaan ons land heen.Ek weet nie meer wat om te dink of te se wie die plaas moorde moet stop nie.Ek is beryd om te help met plaas moorde en aanvalle,eksit met I hoog gekwalifikasie SWAT vir silke tipe aanvalle om te voorkom,Ek is werkloos en sal dit met graagte doem om as sekuriteit op te tree

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights