28 Augustus 2012

522 keer gelees | 0 kommentaar

Uitspraak is voorbehou in die Appèlhof oor die opveiling van Zimbabwe se eiendom in SA ten bate van boere.


Ná jare se wag en die verlies van hul eiendom wag 78 boere van Zimbabwe op ’n beslissing van die Appèlhof in Bloemfontein oor eiendom van dié regering waarop beslag gelê is.

Die hof het Maandag (27 Augustus 2012) uitspraak voorbehou ná die Zimbabwiese regering appèl aangeteken het teen ’n beslissing van die Noord-Gautengse Hooggeregshof.
 
Die Hooggeregshof het vroeër beslis dat grond van dié regering waarop in 2010 beslag gelê is, opgeveil mag word. AfriForum en die boere het op die grond beslag gelê omdat die Zimbabwiese regering nie ’n kostebevel van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se Tribunaal gehuldig het nie.
 
Mnr. Mike Campbell, ’n voormalige boer van Zimbabwe, het volgens ’n verklaring in 2008 in Windhoek geslaag met regstappe oor grondgrype teen die Zimbabwiese regering by die tribunaal.
 
Onwettig
Die tribunaal het beslis dat Zimbabwe se grondhervormingsproses onwettig en rassisties is, en dat Campbell en 77 ander boere met rus gelaat moet word. Dié beslissing is in Februarie 2010 met behulp van AfriForum in ’n hof in Suid-Afrika bekragtig en daar is op die eiendom in Kenilworth, Kaapstad, beslag gelê.
 
“Indien Zimbabwe se appèl van die hand gewys word, sal daar vir die eerste maal in die internasionale regsgeskiedenis, voortgegaan word met die geregtelike verkoping van ’n eiendom van ’n staat wat hom aan growwe menseregtevergrype skuldig maak,” lui die verklaring.
 
Campbell is in April verlede jaar oorlede ná hy, sy vrou en sy skoonseun vroeër wreed deur oorlogsveterane op sy plaas aangerand is en geïntimideer is om die regsaak by die tribunaal te staak.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights