Deur JOYLENE VAN WYK
26 Januarie 2012

1568 keer gelees | 2 kommentaar

Dit gaan nie gebeur dat die renosterspesie uitsterf terwyl ons die lot van die renosters in ons hande hou nie, sê adv. Johnny de Lange.


Dit gaan nie gebeur dat die renosterspesie uitsterf terwyl ons die lot van die renosters in ons hande hou nie, sê adv. Johnny de Lange, voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en omgewingsake.

Openbare verhore oor hoe renosterstropery stopgesit kan word, word tans in die Parlement gehou. Altesame 333 renosters is in 2010 en 448 verlede jaar gestroop. Vanjaar trek dit al by 28.

Die portefeuljekomitee het 14 skriftelike voorleggings oor die kwessie gekry.
Mnr. Fundisile Mketeni, adjunk-direkteurgeneraal gemoeid met biodiversiteit en bewaring by die Departement van Water en Omgewingsake, het gesê hulle sukkel om inligting oor die opgegaarde voorraad renosterhorings te kry.

’n Amnestietydperk sal waarskynlik ingestel moet word sodat mense die aantal horings wat in hul besit is, bekend kan maak.

Private eienaars
Mketeni het gesê hulle weet hoeveel van die opgegaarde voorraad in die Regering se hande is, maar nie hoeveel private eienaars besit nie. De Lange het dit onomwonde gestel dat wetgewing ingestel moet word wat mense verplig om hierdie inligting bekend te maak.

Hy het gesê hy is verstom dat die departement nie weet hoeveel voorraad daar in die land is nie.

De Lange het voorgestel dat ’n werksessie met belanghebbendes, soos die komitee, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Doeane, die Departement van Finansies en die Departement van Water en Omgewingsake, binnekort gehou word om te kyk hoe die stropery stopgesit kan word.

Die inkomste in 2010 vir die wettige jag van 131 witrenosters was R61 miljoen.

26 Januarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/01/28 07:24:50 AM

Ag Mense, Die renosterstropery, nes die perlemoenstropery kan gestop word en vinnig, indien die staat net wil. Ons wat elke dag die stropery aanskou (vernaamlik Perlemoen)kan regtig maar net lag...en frons...en wonder... Legio inspekteurs wat elke dag voor my huis saamtrek en rond hang soos kinders wat wag dat die sirkus begin. Enige stroper met die IK van 7 kry die sein asof dit direk uit die Hemel uitkom. Dit is met een woord 'n "narrebesigheid"


pikkewyn

2012/12/07 10:17:03 PM

Die staat kan beslis baie meer doen. Alle fondse, boetes en permitgelde vir jag van renosters, moet vir die uitwissing van renosters toegeken en aangewend word. Hou op om dit in die staatskas te sit waar die kas leeggesteel word

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights