7 Junie 2012

1241 keer gelees | 2 kommentaar

’n Boer van Underberg wat weke gelede hondsdolheid opgedoen het, is breindood verklaar.


Luidens ’n berig op News24.com sê dr. Grant Lindsay, mnr. Graeme Anderson se geneesheer, hy het duidelikheid oor Anderson se toestand gekry ná ’n Spect-skandering gedoen is.

Lindsay was verlede week nog baie hoopvol oor Anderson se vordering ná hy toe sowat vier weke lank in ’n koma was. Anderson was die eerste Suid-Afrikaner wat met die Milwaukee-metode vir dié siekte behandel is. Daarvolgens is hy vir twee weke onder verdowing in ’n koma geplaas sodat sy liggaam die siekte kon beveg.

Ná die verdowing gestaak is, bepaal die metode dat die pasiënt 21 tot 29 dae later uit die koma sal wakker word.“Sy familie sal die masjiene (waaraan Anderson gekoppel is sedert hy in ’n koma geplaas is) moet laat afsit,” aldus Lindsay.

Speeksel
Anderson het die gevreesde siekte opgedoen ná ’n rondloperhond, wat dit onder lede gehad het, hom gelek het. Volgens Lindsay het Anderson die hond opgetel om na sy plaas te vervoer om aan ’n vriend te gee.

Anderson was ’n kranige kanovaarder. Volgens die berig is 125 gevalle van hondsdolheid in KwaZulu-Natal aangemeld. Twee mense het reeds gesterf sedert die uitbreking in die provinsie voorkom.

Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Pieter Laubscher

2012/06/07 07:22:41 PM

Beriggie in Landbouweekblad.


Butch

2012/06/09 11:51:59 PM

Totsiens Mnr Anderson - jy en jou dokter het die stryd moedig gestry - al was jy aan baie onbekend, het baie jou in hierdie paar weke leer ken - sterkte aan jou familie - salute - wik populus, sed Deus

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights