Deur JAN BEZUIDENHOUT
21 Maart 2012

1831 keer gelees | 4 kommentaar

Dis nou amptelik: ‘n Volvet- en vleis-dieët is gesonder as die laevet opsie. Dié standpunt van prof. Tim Noakes op Carte Blanche is deur die NKWV verwelkom.


Dis nou amptelik: ‘n Volvet- en vleis-dieët is gesonder as die laevet opsie. Dié standpunt van prof. Tim Noakes op Carte Blanche is deur produsente verwelkom.

Mnr. Hendrik van Zyl van die Oos-Kaapse tak van die NWKV en die RPO het op die afgelope jaarvergadering op Cradock ‘n beskrywingspunt in dié verband voorgehou. Dit is eenparig aanvaar.

Van Zyl het gesê die Oos Kaapse NWKV én RPO-takke aanvaar met dank die standpunt van Noakes, die bekende sportwetenskaplike, op Carte Blanche (18 Maart) dat ‘n volvet- en vleis dieët gesonder is as die laevet opsie.

'Voordelig vir drie uit vier mense'
“Vanaf 1959 is aan verbruikers voorgehou dat koolhidrate die voetstuk is van die voedselpiramide. Prof. Noakes het nou wetenskaplik bewys dat ‘n hoë proteïen dieët voordelig kan wees vir drie uit elke vier Suid-Afrikaners.

“Die vleis- en melkbedryf is vir jare verguis as produsente van ongesonde produkte. Klein kaasfabrieke en romerye moes hulle deure sluit a.g.v. die feit dat kunsmatige produkte, soos margarien en ander poli-onversadigde produkte, voorgehou is as die gesonder opsie.

“Rooivleisprodusente moes aanslae verduur van bewegings soos Meat Free Mondays wat hulle produk in ‘n slegte lig wil stel. Die produsente prys van hoë proteïen produkte is al die jare op hierdie manier onderdruk. Miljarde rande het vir die bedrywe verlore geraak a.g.v hierdie wanpersepsies.

“Dit is prysenswaardig dat ‘n wetenskaplike soos prof. Noakes na vore kan kom en erken dat hulle verkeerd was.Ons hoop dat ander navorsers en wetenskaplikes sy voorbeeld sal volg,” het Van Zyl gesê.

21 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


ME

2012/03/23 10:50:38 AM

1. Meat Free Mondays: is daar om mense bewus te maak (veral in SA), dat ons te veel vleis inneem oor die algemeen & dus ook bydra tot die produksie CO2 agv veeteeld. 2. 3/4 moet eerder verander word na 1/2. Koolhidrate is noodsaaklik in die gemoedstoestand balans & energieverskaffing, veral vir vroue. Te min koolhidrate kan bydra tot buierigheid & tekort aan energie, laasgenoemde veral as jy 'n streng oefenprogram volg. 3. Oppas vir die gebruik van vette - dit moet eerder die regte tipe vette wees: onversadig! 4. Die wetenskap aangaande die mens, dieete, ens. is en was nog 100% uitgetrap nie. Daar is altyd neigings na die een of ander nuutste ontdekking. 5. Elke persoon moet toets wat werk vir hom/haar & wat pas by hul leefstyl. Wees oop om te eksperimenteer, hou jou algehele gesondheid dop (bloeddruk, suiker, kolestrol, ens.) en kry elke dag 'n bietjie oefening. Daar is nie een oplossing wat werk vir almal nie - matigheid bly seker maar die beste om toe te pas.


Marietha Prinsloo

2012/03/22 06:09:43 PM

Mariaan, die berig lees tog duidelik:"...aan verbruikers voorgehou dat koolhidrate die voetstuk is van die voedselketting" ens. Dit is so jammer dat boere altyd as negatief en dom uitgekryt word - wees saam met ons bly oor positiewe bevindinge wat na boere se kant toe kom. Alles is waar wat jy geskryf het, maar daar is glad nie berig dat "vetter" rooivleis gesonder is nie. Dit moet nogsteeds deel van 'n gebalanseerde dieet wees.


Pieter Prinsloo

2012/03/22 05:26:06 PM

Marian,dit is jammer dat mense soos jy nog hierdie wanopvatting van Boere het en dink ons is oningelig.Ons se net dat volvet en vleisproukte nou as deel van n gebalanseerde dieet aanvaarbaar is vir wetenskaplikes soos Prof Noakes.Nerens is daar gese dat mense hulle nou kan ooreet aan vet vleis en nie die gevolge dra nie.Gaan kyk op healthymeat.com wat ons besig is om te doen.O ja,moenie vergeet om jou margarien dik op jou broodjie te smeer nie,julle glo mos dis gesonde plastiek!


Marian van Niekerk

2012/03/22 11:38:40 AM

Ai. Julle verdraai al weer die feite. Ja - Prof. Noakes het 'n 'ommeswaai' gehad, maar rooivleis inname (in groot hoeveelhede) bly nog steeds 'n groot oorsaak van hartvatsiektes. Prof. Noakes is nou wel ten gunste van 'n hoë protein diëet (voorheen was dit 'n hoë koolhidraat diëet), maar die proteine moet nog steeds hoofsaaklik van die maer tipe wees - dus hoender (sonder die vel) en vis. Prof Noakes verwys ook daarna dat die rooivleis verkieslik van die organiese soort moet wees en dan ook beeste wat grasvretend is. Maer vleis soos die van wild en volstruis dan ook beter as die vetter rooivleisssoorte. Hy oefen ook nog gereeld, dus word daar 'n gesonde balans gehandhaaf in sy lewe!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights