deur ALANI JANEKE
1 Oktober 2012

514 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrika se veeartsenydiens sal oor die volgende 18 dae onder die loep wees.


Boere en ander rolspelers sal ingesluit word by vergaderings wat die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid (OIE) gaan hou oor die land se veeartsenydiens. ’n Span inspekteurs van die OIE word van 1 tot 18 Oktober 2012 landswyd ontplooi om onder meer vas te stel of die land se veeartsenydiens aan internasionale standaarde voldoen.

Tydens die nasionale jaarkongres van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Dieregesondheidsforum, boere gevra om by dié ondersoeke betrokke te raak sodat ’n geloofwaardige prentjie van wat op grondvlak gebeur by die ondersoek ingesluit kan word.

Luidens ’n verklaring sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye hy het die ondersoek aangevra om te verseker die land voldoen aan internasionale standaarde.

RPO Betrokke by ondersoek
Die RPO het hom tydens die kongres tot deelname aan die proses verbind. Die organisasie het intussen ’n volledige program van die vergaderings ontvang en aan al die provinsiale takke versprei om te verseker dat verteenwoordigers die vergaderings bywoon.

Die ondersoek word ook verwelkom nadat die land verlede jaar sy uitvoerstatus verloor het, weens ’n uitbreking van bek-en-klouseer wat in die noorde van KwaZulu-Natal bevestig is. 

“Die besoek is nie gemik op regstreekse handel nie, maar eerder om die prestasie van die land se veeartsenydiens oor alle spektrums heen op provinsiale sowel as nasionale vlak te evalueer en op te weeg,” aldus die staat. 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights