Deur NICO VAN BURICK
23 Mei 2012

1103 keer gelees | 7 kommentaar

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.


Hoewel die polisiediens en veediefstaleenhede nie die vermoë om veediefstal te bekamp nie, durf boere nie klippe gooi as hulle eie huis nie in orde is nie, waarsku mnr. Jacques Swanepoel, voorsitter van Noordwes RPO se veediefstalforum.

Swanepoel, wat ook tot NWRPO se onder-voorsitter herkies is, het by die organisasie se jaarkongres gesê naas predatore het veediefstal die grootste bedreiging vir veeboere in die provinsie geword.

Hy het na nasionale statistiek verwys wat aantoon dat veediefstal geensins afneem nie. Sedert 2006 word jaarliks sowat 60 000 beeste gesteel waarvan net sowat 40% terug gevind word.

Die verlies is sowat R263 miljoen. Skaapdiefstal het in dié tydperk van 80 000 tot 90 000 vermeerder en bokke bly tussen 30 000 en 40 000 jaarliks. Hy sê wat die prentjie nog erger maak is dat die nie-rapportering van veediefstal in die prentjie tot so hoog as 37% kan wees.

Het boere geroskam
Swanepoel het boere geroskam wat nie gehoor gee aan wetgewing oor die brandmerk en identifikasie van vee nie. Hy sê dit maak dit baie moeiliker om misdaad te bekamp. Daar word gepraat van ’n syfer van net 27% van vee in Noordwes wat gebrandmerk is. “Ek neem dit met ’n knippie sout, maar al is dit twee keer soveel is daar steeds ver te veel ongeidentifiseerde diere.”

Hy is egter ook bekommerd oor die registrasieproses. “Daar is tans sowat 37 000 kommersiële veeprodusente en dit is kommerwekkend dat die registrateur bykans 475 000 geregistreerde brandmerke op rekord het. Hoeveel van daardie brandmerke is nie op name van veediewe en sindikate wat aktief by veediefstal betrokke is nie? Hierdie register sal dringend nagegaan moet word.”

Volgens hom is die grootste probleme met die bekamping van veediefstal gesindhede en gebrekkige kommunikasie. Dan is daar ook ’n kultuur van swak dienslewering, verontagsaming van wetgewing, gebrekkige vertrouensverhoudings, onkundigheid en logistieke probleme.

Mnr. Jaco Maré, voorsitter van die Nasionale Veediefstalforum, het ’n vurige pleitdooi gelewer dat veediefstal met net soveel erns as renosterstropery in die media hanteer moet word. Ons het die grootste simpatie met renosterboere, maar ons probleem, wat geldelik groter in omvang s, verdien net soveel erkenning en publisiteit.

23 Mei 2102


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/26 05:50:13 AM

The other day a nice new bakkie with 5 ( five !!!!! ) people in it arrived at my house. They introduced them selves as senior policemen and women. They said they had come to take my statement about a lost sheep. They were at the wrong farm. But five senior people for one statement and they cant find the farm one wonders how they will find a sheep.


Johan v H

2012/05/24 07:31:19 AM

Stem saam het hul die eerste sin gelees? Ek dink net die Polisie is laks, want as jy n persoon soek is hulle vir weke aan een af siek of op verlof dat ek nie aktyd weet of daar enige werk gedoen word in meeste staats depatemente. Dit is dalk ook hoekom Paaie en ander infrastruktuur in so swak toestsnd is....


Jannie Visagie

2012/05/24 07:01:38 AM

Skiet hulle!!


Saaiboer

2012/05/23 10:26:13 PM

Kalwers kan jy nie brandmerk nie en indien daar enige identifikasie op die oor is sny hulle dit eenvoudig af. Ons moet egter net mev. Patterson se mening kry, sy het 'n antwoord vir alles.


Onbekende besoeker

2012/05/23 08:54:31 PM

Ek boer teen n plakkerskamp in limpopo en vra boere in die selfde situasie of n mens dan nog met bees en bokke kan boer


Onbekende besoeker

2012/05/23 01:41:34 PM

Is die eerste sin van hierdie berig ooit deurgelees voordat dit geplaas is?


pieter wl

2012/05/23 12:52:13 PM

Ja dit is altyd maklik om te se BOERE moet hul vee merk want as hy dit nie doen nie is dit hy wat die wet oortree.Die kans dat jy jou vee sal terug kry is so te se nul.Net as jy die dief betrap wat nie in parys area gebeur nie want hulle weet van jou bewegings en nee dit is nie binne informasie nie,want ek het nie werkers nie.So na 3 onopgeloste huisbrake in 10jaar en veediefstal,kabeldiefstal as ook sinkplate vra ek wat te doner moet die BOERE dan nog doen om sy eindom te behou.NS en ons ry patrollie hoor

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights