Deur ALANI JANEKE
17 September 2010

1561 keer gelees | 0 kommentaar

Die vleisbedryf het ‘n verlies van sowat R400 miljoen weens veediefstal in die 2009/’10-geldjaar aangeteken, sê die Veediefstalforum.


Die vleisbedryf het ‘n verlies van sowat R400 miljoen weens veediefstal in die 2009/'10-geldjaar aangeteken, sê die Nasionale Veediefstalforum.

Dié statistiek is die afgelope week tydens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se nasionale jaarkongres bekendgemaak.

Luidens mnr. Koos van der Ryst, voorsitter van die forum, se jaarverslag was die bedrag R394 596 000. Die verlies vir beeste was R271 920 000, terwyl R85 422 000 en R37 254 000 se verliese vir onderskeidelik skaap- en bokdiefstal aangeteken is.

Slaan opkomende boere hard
Van der Ryst sê hoewel die misdaad ‘n ongunstige uitwerking op die winsgewendheid en mededingendheid van kommersiële veeboere het, slaan dit opkomende boere harder. “Vir elke een geval van veediefstal wat in die kommersiële sektor voorkom vind drie gevalle plaas in die ontwikkelende sektor,” lui die verslag.

Kol. Oosie Oosthuizen, bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se veediefstaleenhede, sê doelwitte rakende dié misdaad is om die terugvindsyfer van diere met 35% te verhoog. Die SAPD wil ook poog om die skuldigbevindingsyfer met 25% te verhoog, terwyl sake na die hof met 15% verhoog wil word.

Volgens die Polisie se statistiek kom veediefstal die meeste in die Oos-Kaap, Vrystaat en Mpumalanga voor. Die gebiede wat tydens die betrokke geldjaar die ergste getref is, is in volgorde; Tsolo in die Oos-Kaap, Harrismith in die Vrystaat, Amersfoort in Mpumalanga, Qumbu en Maluti in die Oos-Kaap.

Prioriteit vir Regering
Volgens Oosthuizen is die bekamping van veediefstal vir me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ‘n prioriteit. Die forum het tydens die verslagtydperk by twee geleenthede met die minister gesprekke gevoer waartydens sy die versekering gegee het dat die kwessie ‘n prioriteit is.

Van der Ryst moedig boere aan om ook hulle kant te bring en veral van vyf punte seker te maak.

  • Om hulle vee te merk.

  • Om hulle veeregisters op datum te hou.

  • Om alle veediefstalsake aan te meld.

  • Om die korrekte vervoerdokumentasie op datum te hou; en

  • Om probleme na die provinsiale veediefstalforums te verwys.


17 September 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights