Deur SANDRA HARDING
25 November 2010

1563 keer gelees | 2 kommentaar

Veediefstal is op ‘n onaanvaarbaar hoë vlak en die steel van beeste is op sy hoogste die afgelope vier jaar.


Die Nasionale Veediefstalforum sê veediefstal is op totaal onvaanvaarbare hoë vlak en gedurende die tydperk 1 April 2009 tot 31 Maart 2010 is die meeste beeste in die afgelope vier jaar gesteel.

Die forum sê ten spyte van die uitbreiding van die veediefstaleenhede tot 76 is dié probleem steeds besig om te eskaleer.

Provinsiale veediefstalforums in nou in al 9 die provinsies en boere word aangemoedig om veediefstalprobleme wat nie op grondvlak opgelos kan word nie, na die provinsiale veediefstalforums te verwys. Kontakbesonderhede van die provinsiale RPO-kantore kan bekom word by www.rpo.co.za

Dit is volgens die forum egter bemoedigend dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye veediefstal as ‘n voorkeur hanteer aangesien baie inwoners afhanklik is van lewende hawe en dit ook ’n groot rol speel by voedselsekuriteit, veral in die ontwikkelende sektor.

In gevangenisse opgeneem
Van 1 April 2009 tot 31 Maart 2010 is altesaam 1 520 veediewe in gevangenisse geplaas vir die uitdien van vonnisse. Die Forum sê verder dit is bemoedigend om te sien dat swaarder strawwe vir veediefstal meer algemeen word.

Die voorsitter van die forum, mnr. Jaco Maré, sê gedurende die tydperk van 1 April 2009 tot 31 Maart is beeste ter waarde van R459 165 000 gesteel, terwyl beeste ter waarde van R187 245 000 teruggevind is. Skape ter waarde van R108 648 000 is gesteel terwyl die waarde van skape wat teruggevind is, slegs R23 226 000 is. Bokke ter waarde van R51 697 800 is gesteel. Die waardes is bereken teen standaardwaardes van R7 500 vir ‘n bees, R1 000 vir ‘n skaap en R1 400 per bok.

Die meeste gevalle van aangemelde veediefstal het in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorgekom.

Maré sê dat die forum ‘n geen toleransie-benadering het met betrekking tot die merk van vee en boere is weer eens versoek om hul vee op die korrekte wyse te merk en toe te sien dat die nodige dokumentasie vee vergesel wanneer dit vervoer word.

25 November 2010
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoekerGawie Botha

2010/11/26 10:09:00 AM

Weereens bewys dat Wetgewing in alle gevalle nie behoorlik toegepas word,as gevolg van "wanbestuur"


Stefan Van Rensburg

2010/11/26 10:01:35 AM

Dis darem net onaanvaarbaar. Boere en belanghebbendes word genooi om hulle voorstelle en gedagtes met ons te deel, waar ons dink aan radio- en satelliettegnologie om hierdie onverkwiklikheid te bekamp. Sal die webmeester asseblief oorweeg om my e-pos adres te publiseer: stefan@vanrensburglaw.co.za sodat ons kan help planne maak? Ons hoor graag. Groete en vasbyt!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights