Deur MARLEEN SMITH
22 Augustus 2011

1405 keer gelees | 2 kommentaar

Die SA Polisiediens se veediefstaleenheid aan die Lesotho-grens wíl hulle werk doen, maar hoe kán hulle soos sake nou staan, vra ‘n moedelose boer.


Die ondersoekbeamptes van die SA Polisiediens se veediefstaleenheid aan die Lesotho-grens wíl hulle werk doen, maar hoe kán hulle soos sake nou staan?

Só vra ’n moedelose mnr. Pule Bothma van die plaas Trafalgar buite Ladybrand wat onlangs R210 000 se gesteelde skape teruggekry het danksy ’n lid van die plaaslike veediefstaleenheid wat op ’n vakansiedag in sy eie bakkie, met sy eie diesel, die vermiste skape se spoor gevat het.

Behoorlike toerusting kort
Bothma het gesê hy wil genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, persoonlik bedank vir die bereidwilligheid van polisiemanne, soos ao. Rikus Lehmkuhl. Hy is egter bekommerd dat die polisielede, soos Lehmkuhl, kan verloor omdat hulle nie naastenby behoorlik toegerus word om die misdadigers te pak nie.

Toe Bothma die diefstal van die 86 skape op Vrouedag aangemeld het, het Lehmkuhl, wat nie aan diens was nie, besluit om sy eie bakkie te gebruik om dadelik te gaan help.

“Die beampte wat geantwoord het, het gesê hulle het nie voertuie nie, maar ek moet nie bekommerd wees nie, hulle sál kom help,” vertel Bothma. Kort daarna was Lehmkuhl daar en hulle het begin spoorsny.

Teen middagete het nóg twee beamptes, sers. Thebula Setabela en ao. Werner Strydom, met een van die eenheid se twee bakkies opgedaag nadat hulle eers
’n ander klag ondersoek het.

Veediefstalkrisis
Met die hulp van die drie polisiemanne is die skape sowat 30 km van die plaas af in ’n pakhuis teen die Lesotho-grens gekry. Die tien ondersoekbeamptes van die plaaslike veediefstaleenheid, onder wie Lehmkuhl, het te midde van ’n erge veediefstalkrisis net twee bakkies tot hul beskikking, terwyl twee ander vir herstelwerk in die garage is.

Hulle bedien nege polisiewyke (vanaf Hobhouse in die suide tot Senekal in die noorde) wat sewe distrikte en sowat 200 km se grenslyn met Lesotho insluit.

Boere, soos mnr. John Lugouri wat tussen Ladybrand en Clocolan aan die grens boer, sê die oorgrens-misdaad is in die laaste tyd erger as vantevore. “Dit voel asof dit jagseisoen op ons is. Dit was nog nooit so erg nie,” sê Lugouri.

Hy het self sedert Augustus verlede jaar 600 skape en 100 beeste aan oorgrens-diewe afgestaan en is in sy huis aangeval.

22 Augustus 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Michiel

2011/08/27 10:49:02 PM

Die noordgrens is niks beter nie, die toename in diefstal is iets ysliks. Soos nog altyd is ons op ons eie aangewese, dankie aan mense soos Agri-Alert wat verstaan en saam oms hul beste gee, jul spaar my derduisende.


Arie

2011/08/22 10:21:35 AM

Dit wil my voorkom asof die Oos-grens probleme van die periode 1830 - 1837 besig is om herhaal te word. Destyds kon / wou die owerheid ook nie help nie !! Met nabetragting vra ons onsself die vraag af "Wat doen ons nou?"

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights