1 Julie 2011

1522 keer gelees | 3 kommentaar

Vrystaatse boere verloor jaarliks sowat R80 miljoen weens veediefstal, wat 19% van die land se verliese beloop.


Vrystaatse boere verloor jaarliks sowat R80 miljoen weens veediefstal, wat 19% van die land se verliese beloop, sê Vrystaat Landbou (VL).

Dié organisasie het Donderdag (30 Junie 2011) dié feite in die Vrystaatse Wetgewer aan ’n regeringsoorsigkomitee vir die landbou voorgelê.

Luidens ’n berig op News24.com sê mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van die VL, dié situasie lei tot ’n verlies van R11 miljoen aan belastinginkomste.

Hy sê hulle vermoed ook dat sindikate op groot skaal by dié misdaad betrokke is, en dat dié verliese ’n ongunstige uitwerking op werksgeleenthede het.

Lae vervolgingsyfer
Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van die organisasie se Veiligheidskomitee, sê boere is ook baie gefrustreerd oor die feit dat ’n lae persentasie van verdagtes aangekeer, vervolg en gevonnis word.

Volgens die berig is die polisie ook gevra om statistiek in dié verband voor te lê, maar hulle het aangedui dat hulle nog nie gereed is om die feite openbaar te maak nie. Hulle het wel hul statistiek in camera bekend gemaak, nádat die media gevra is om die vertrek te verlaat.

Breytenbach sê sommige boere meld ook nie veediefstal aan wat op hul plase plaasvind nie.

Lees hier Alani Janeke se blog oor die voorkoms van veediefstal teenoor renosterstropery.

Bron: News24.com

1 Julie 2011
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Alani Janeke

2011/07/04 11:22:38 AM

Elmien en Johan Ek sal graag meer detail by julle wil kry oor die voorvalle. Kan julle my asseblief kontak op 012 424 6454 of by alani.janeke@landbou.com. Dankie!


Elmien van den Berg

2011/07/04 10:43:00 AM

Vrydagaand (1 Julie), Bothaville, vermoedelik tussen 10h en 11h nm was daar skaapdiefstal van so 75 dragtige ooie. Danksy die hulp van Landbouveiligheid en die feit dat my ouers en my broer behoort aan so 'n organisasie het ons alles teruggekry. Een ding is verseker, my ouers se roetine is daardie heel week dopgehou, met ongewone voetgangers verby die plaashek, telefoonoproepe met geen stem in die agtergrond laat in die nagte. Ons het dit aangemeld by landbouveiligheid en hulle het ons plaas gepatroleer die heel week en my pa, soos oudergewoonte het maar min geslaap a.g.v baie skaapdiefstal die afgelope paar weke in die omgewing. Dit is vir ons as kinders baie traumaties, maar onsself is al baie ingestel op goedjies wat nie vir ons reg lyk nie. Dit is die moeite werd om aan 'n Landbouveiligheid-organisasie te behoort, maar dan moet jy as boer ook jou kant bring om ander te help in noodsituasies.


Onbekende besoekerJohan van Jaarsveld

2011/07/01 01:58:00 PM

Het Januarie 11 dragtige ooie geslag. Laasnag 9 ooie geslag wat lammers het. Hoe maak n mens nou?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights