Deur THEUNS BOTHA
22 Oktober 2010

3176 keer gelees | 20 kommentaar

Die Vleislose Maandae-veldtog wat tans bemark word beskadig die rooivleisbedryf, sê dr. Pieter Prinsloo van die Oos-Kaapse RPO.


’n Klag is by die Advertensiestandaarde-owerheid van Suid-Afrika en die Verbruikersraad ingedien oor die veldtog vir Vleislose Maandae. Dr. Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusenteorganisasie, het die klag in sy persoonlike hoedanigheid ingedien nadat talle versoeke in die verband van rooivleisprodusente ontvang is.

Prinsloo sê die publiek word onder meer in televisieprogramme, oor die radio en deur middel van pamflette aangemoedig om op Maandae nie rooivleis te gebruik nie. Prinsloo sê bees- en skaapvleisboere is reeds weens biosekuriteitsmaatreëls onder groot druk.

Só ’n veldtog ontneem hulle van hul grondwetlike reg om ’n lewensvatbare bestaan te voer. Die bedryf verskaf aan duisende behoeftige landsburgers werk en daar is geen sprake van die vernietiging van reënwoude om rooivleis te produseer nie.

Prinsloo het ’n beroep op rooivleisprodusente gedoen om saam te staan om hul bedryf te beskerm.

“Die vraag is of diegene wat die Vleislose Maandae-veldtog steun, onvoorwaardelik ’n sewende van hul weeklikse inkoms te aan die bevordering van hul saak sal afstaan,” het hy gesê.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 29 Oktober 2010.

22 Oktober 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Tom Muller

2010/11/15 11:37:36 AM

Ek wou eers 'n gematigde opmerking laat maar ter nadenke het ek besef dat dit net op dowe ore sal val. Ek geniet 'n lekker snit bees- en skaapvleis so veel soos enige Afrikaner. Ek kom ook uit 'n familie wat al vir baie geslagte met vee boer en ek het nog self belang by 'n plaas wat vir bees weiding gebruik word. Op 'n vroeë ouderdom moes ek egter my rooivleis inname drasties verminder as gevolg van artritis probleme. My lewens kwaliteit het ongelooflik verbeter sedert dien. Voorheen kon ek beswaarlik my arms oplig of loop weens pyn in my skouers en knieë. Deesdae is ek 'n gretige fietsryer, swemmer en lang afstand stapper. Niks hiervan sou moontlik gewees het as ek hardkoppig gebly het en aangehou het om groot hoeveelhede rooivleis te eet nie. Dit is ook tog 'n welbekende feit dat hoë rooivleis inname 'n bydraende faktor is by hart probleme. Ek wil nie eers begin praat oor die gesondheids impak van die hormone, steroïdes en anti-biotikas waarmee die diere volgepomp word nie. Julle weet waarvan ek praat, ek is bewus dat heel party vleisboere 'n privaat organiese kuddetjie iewers in 'n aparte kampie vir eie gebruik aanhou. Verder is die skrif aan die muur rakende veeboerdery se omgewings impak en dit is bloot hardkoppigheid om te wil voorgee dat dit propoganda is. Om die regte ding te doen is nie altyd maklik nie en vir 'n vleisboer is dié sekerlik 'n moeilike pil om te sluk. Ek het egter altyd geglo dat sterk morele waardes 'n hoeksteen is van Afrikaner wees. Dit is tog sekerlik nie aanvaarbaar om leuens te verkoop ten bate van persoonlike wins nie.


Swannie Swanepoel

2010/10/25 09:42:04 PM

Sê hulle Dr Pieter.Rooivleis bly maar Koning,sewe dae n' week.


SMITTIE

2010/10/25 09:15:11 PM

STEM VERSEKER SAAM MET BENEUKTE BOER!


melanie grundeing

2010/10/25 04:24:16 PM

namens ons graan mense wil ons net welkom se aan al die rooivleis manne.dis fantasties hoe ons geoorganiseerde produksie organisasie ons ondersteun en veg vir ons karige sakies. ha ha ha.... in al wat graanboek van ons organisasies is daar elke keer n funksie of n doe.. steak etes die works. wel soos ons mieliemense en ons werksmense nou maar 3 maal n dag pap papgeregte of enige mielie verwante eet om van ons eksta sogenaamde oorskotte ontslae te raak sal julle maar 3 maal n dag vleis en biltong tussen in moet eet. want oorskotte en swak pryse gaan julle voorland wees. sterkte julle mense... sal spesiaal n tjoppie eet op julle maandae...


Onbekende besoeker

2010/10/25 11:30:43 AM

Aan al die afrikanders. Dit gaan oor meer as 'vleislose' maandag. Dit gaan ook oor die behandeling van die diere. Ek kan sien uit al julle kommentaar al wat julle sien is vleis. Ek sien hormone, mishandeling en onmenslikheid. En ja, ek eet ook vleis - FREE RANGE, HORMONE FREE, deur EGTE BOERE WAT WIL MENS WEES EN MEER VERSTAAN EN OOK NIE ONNODIGE PYN EN LYDING VIR HUL DIERE. Julle kan miskien 'n bietjie deur hulle leer in plaas van die kinderagtige staans te neem!!!!


Kobus Geldenhuys

2010/10/25 11:27:38 AM

En so maklik volg ek nie Hindu gebruike nie! Doen voort, dwase!


JvdW

2010/10/25 11:12:00 AM

Ek het die pers met belangstelling dop gehou die afgelope weke nadat ek van die veldtog te hore gekom het. Ek het nogal gewonder hoekom ons enigsens bedryfsorganisasies, soos die RPO het, aangesien hulle nog geen woord gese het oor die veldtog nie. Ek dink dit is skandelik dat daar veldtogte teen die gebruik van vleis geloods word en geen woord deur die RPO, SAMIC, Voerkraalvereniging, Varkvleis produsente- of Pluimvee produsente organisasies daaroor gerep word nie. Waarmee hou hierdie manne hulle besig? Nie om vleis te promoveer nie. Hoekom het ons nog geen advertensie op tv gesien waar 'n paar manne lekker dik steaks op 'n rooster gooi, 'n worsie braai of aan lekker skaap tjops smul nie? Wys van Sondag middag af net braaivleis op die tv en ek is seker 95% van kykers gaan Maandag vleis koop om ook so ete aan mekaar te slaan. Is ons boere en boere organisasies al so daaraan gewoond om maar net die ander wang te draai? Op die een Kongres na die ander hoor ons hou stoei die manne met ministers en DG's en daar kom dadels van. Hoekom maak hulle nie plan en ADVERTEER ons heilsame, gesonde en lekker produkte nie? Dan sal die verbruikers ten minste begin besef hoe waardevol kommersiele boere vir ons land is. Vertel bietjie vir die verbruiker van die voedingswaarde wat in SA vleis opgesluit le(nie die feite wat altyd aangehaal word van die cholestrol en vet in Amerikaanse vleis nie), die waarde vir geld wat in 'n sak mieliemeel le, die "gesondheid uit die grond uit" van plaaslike aartappels... Ek is gatvol vir GraanSA, RPO, MPO, SAVPO, Pluimvee Vereniging, TLU SA en AgriSA wat net altyd passief optree en reageer om vure dood te slaan. Staan vir een maal op en begin pro-aktief ons boere en produkte adverteer. My ledegelde is opbetaal by elke organisasie wat my bedryf bedien, maar ek begin wonder oor die sin daarvan.


Onbekende besoeker

2010/10/25 08:57:09 AM

Ek dink nie vleislose maandae is so erg nie. Die mense wat saamstem kan dit volg, en die mense wat nie saamstem nie hoef dit nie te doen nie. Dis mos nie 'n wet nie. Maar ek stem saam dat dit slegte nuus vir die boere is. En ek verstaan nie hoe vleislose maandae enigiets goed gaan doen vir die omgewing nie, maar uit 'n gesondheids kykpunt is dit nie 'n slegte idee om bietjie 1 dag uit 'n week uit van die rooi vleis af te lê nie. Maar... Onthou dat dit nie 'n wet is nie. Niemand mag vir julle sê wat jy mag en nie mag eet nie.


Onbekende besoeker

2010/10/25 08:53:19 AM

Ek dink nie vleislose maandae is so erg nie. Die mense wat saamstem kan dit volg, en die mense wat nie saamstem nie hoef dit nie te doen nie. Dis mos nie 'n wet nie. Maar ek stem saam dat dit slegte nuus vir die boere is. En ek verstaan nie hoe vleislose maandae enigiets goed gaan doen vir die omgewing nie, maar uit 'n gesondheids kykpunt is dit nie 'n slegte idee om bietjie 1 dag uit 'n week uit van die rooi vleis af te lê nie. Maar... Onthou dat dit nie 'n wet is nie. Niemand mag vir julle sê wat jy mag en nie mag eet nie.


Vrugteboer

2010/10/24 08:19:00 AM

Julle verstaan vir ou Robert verkeerd. Hy se hy eet vir sewe dae aaneen rooivleis-die agtste dag wil hy bietjie afle sodat hy Woensdae aande weer lekker kan braai. Sien dan haal hy sommer Maandag se verlore tjoppie weer in.Neewat, 'n vleiseter laat hom darem nie sommer afsit nie!!!


Saaiboer

2010/10/23 07:44:53 PM

Hayes, wat is jou lengte en gewig?


Onbekende besoeker

2010/10/23 06:15:15 AM

Hoeveel bone /kool ens moet mens eet om dieselfde energiewaarde in te neem? Is daar nie iewers sulke vergelykings nie?


Nollie Jansen

2010/10/22 10:38:27 PM

Die groot riool probleem wss so 'n rukkie terug op Fokus of 50/50, kannie onthou nie. Terwyl ons rooivleislose maandag het moet ons sommer 'n longdroplose Dinsdag ook instel. Se maar net.


beneukte boer

2010/10/22 05:59:54 PM

Gelukkig is my familie honger gebore en sal slaai hulle nooit vol kry nie. Ons eet 2x per dag 7 dae per week vleis!!


Elardus Engelbrecht

2010/10/22 04:33:54 PM

Maar hoe gaan ek dan op 'n Blou Maandag my vleisie braai? ;-D Oe lala, ek gaan my vleisies mis. ;-D O, voor ek vergeet, daai ondersteuners van 'vleislose dae' moet rerig goed verveeld gewees het.


Jaco Kriek

2010/10/22 02:44:53 PM

Robert, wie is Jacob Lorber, wanneer het hy geleef, dat jy reken hy die grootste "profeet" ooit was?


Robert Hayes

2010/10/22 01:23:25 PM

Die Vader dikteer vir Jacob Lorber (die grootste "profeet" wat ooit geleef het) dat jy mag vleis eet: altyd matig en nie langer as sewe dae agtereenvolgend nie! Ons vreet soos varke in die lig van die Skrif. Ek stem vir Vleislose maandae


Ria van der Merwe

2010/10/22 12:42:36 PM

Dis vir my regtig 'n baie belaglike idee, waar het jy gesien ons moet afstaan om rooivleis te eet? Glad nie in my lewe nie. Hulle moenie van my en my gesin verwag om nie rooivleis op maandae te eet nie, net so min as wat ek van hulle verwag om sonder hul blare kos te gaan. Inteendeel moet hullle minder blare eet want hulle eet die arme diere se kos. Viva Rooivleis!!!!!


Jaco Kriek

2010/10/22 11:46:41 AM

Ongeag die impak op ekonomie dink ek dis belaglik dat vleis uitgesonder word.... asof graan en vrugte verbouing in omgewings se natuurlike habitat verbou word. Hulle ontbos ook, en hulle gebruik nog al daai chemiese stowwe wat meer kweekhuis gasse bevat (kunsmis ens).


Kobus Swart

2010/10/22 11:14:18 AM

Ja ek stem saam dit is n belaglike idee. Sal hulle daarvan hou as 4 dae se salaris van hulle weerhou word of 4 dae se rente van hulle beleggings afgetrek word. Nee hulle weet nie waarvan hulle praat nie. Dit sal ook lei tot grootskaalse afdankings van werkers op plase, terwyl daar alreeds so n groot werkloosheid probleem in Suid Afrika is

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights