deur AMELIA GENIS
5 April 2011

1704 keer gelees | 3 kommentaar

Treasure the Karoo het die Regering amptelik versoek om ’n verbod te plaas op alle planne om skaliegas met behulp van hidrouliese breking in Suid-Afrika te soek.


Die aksiegroep Treasure the Karoo het die Regering vandag amptelik versoek om ’n verbod te plaas op alle planne om skaliegas met behulp van hidrouliese breking in Suid-Afrika te soek.

In sy geskrewe beswaar teen die aansoek van die Shell Exploration Company om met behulp van die omstrede tegnologie hidrouliese breking (“fracking”) na aardgas in die Karoo te soek, doen die aksiegroep onder leiding van mnr. Jonathan Deal, ʼn beroep op die owerhede om onmiddellik ʼn verbod te plaas op alle planne van Shell of enige ander onderneming om sulke eksplorasie te onderneem.

As alternatief vra die aksiegroep dat ʼn langtermyn-moratorium geplaas word op hidrouliese breking tot tyd en wyl ál die risiko’s en moontlike gevolge, veral in die geval van waterbronne en openbare gesondheid, in ʼn internasionale en nasionale verband deeglik ondersoek is.

Volgens die aksiegroep is sulke optrede noodsaaklik omdat die land nóg ʼn beleid het oor die aanwending van hidrouliese breking nóg die vermoë om die voorwaardes vir goedkeuring af te dwing.

Deal, nasionale woordvoerder van die aksiegroep, en die omgewingsaktivis Lewis Pugh het vanoggend in Kaapstad ʼn afskrif van die dokument aan die kantoor van die President in Tuynhuys oorhandig. Verteenwoordigers van hoofsaaklik landelike gemeenskappe wat deur die eksplorasie geraak sou word, was ook teenwoordig.

Die dokument is saamgestel deur dr. Luke Havemann van die Kaapstadse regsfirma Havemann Geïnkorporeer wat in energiesake spesialiseer, prof. Jan Glazewski van die Instituut van Marine- en Omgewingsreg aan die Universiteit van Kaapstad, en die omgewingskundige me. Susie Brownlie.

Die aksiegroep se grootste kommer is die gebrek aan betroubare en voldoende inligting oor hidrouliese breking internasionaal, en in Shell se konsep- omgewingsbestuursplan in die besonder. Dit maak ʼn rasionele en beredeneerde besluit feitlik onmoontlik, veral ten opsigte van die moontlike koste daarvan vir die land.

Ander kwellings is:

• Shell se vaagheid wanneer dit kom by die waterbronne wat hy sal benut in ’n deel van Suid-Afrika wat beperkte waterbronne het.

• Die moontlike, ernstige, nadelige uitwerking op die gesondheid van mense en ekostelsels weens die moontlike besoedeling van oppervlak- en ondergrondse water deur die gebruik van moontlike toksiese en gevaarlike chemikalieë.

• Heelparty ontwikkelde lande het moratoriums of ’n algehele verbod op hidrouliese breking geplaas terwyl verdere navorsing gedoen word.

• Shell se aansoek val buite die riglyne van ʼn aantal grondwetlike en nasionale omgewingsbestuursvereistes, insluitende die reg tot ekologies volhoubare ontwikkeling.

• Hidrouliese breking, met skaliegasontginning as die einddoel, is nie noodwendig die optimale of volhoubare grondbenutting vir die unieke Karoo-streek nie. Geen evaluering van ander vergelykbare grondgebruiksopsies is nog op strategiese vlak vir dié gebied onderneem nie.

• Die moontlike ongunstige uitwerking van hidrouliese breking op die unieke karakter van die Karoo, met sy groeiende landbou- en toerismesektore, landelike lewenstyl en die beweging na gelykwaardige ontwikkeling.

Die volledige verslag getitel “A critical review of the application for a Karoo gas exploration right by Shell Exploration Company BV”, kan op die webwerf www.hwb.co.za gelees word.

5 April 2011
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/04/06 01:45:28 PM

Los die Karoo uit, moenie daaroor alles opmors nie


Izak Roux

2011/04/06 12:56:05 PM

Dit mag nie gebeur nie.Mense met gesag moet hierdie euwel stop nog voordat dit begin het.


G Havemann

2011/04/05 06:06:15 PM

Great, put a stop to it and save the Karroo

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights