29 Oktober 2012

1209 keer gelees | 0 kommentaar

Drie mans word gesoek nadat ’n 38-jarige boer, sy vrou en hul ses maande oue baba aangehou is tydens ’n huisroof.


’n Gesin van die plaas Nuwejaarspruit buite Rouxville in die Suid-Vrystaat is ongedeerd nadat drie rowers hulle Saterdagaand (27 Oktober 2012) in hul huis aangehou het. Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 23:30 plaasgevind.
 
Die verdagtes het met ’n onbekende bedrag kontant en die 38-jarige boer se bakkie op die vlug geslaan. Dit is Sondag (28 Oktober 2012) naby Aliwal-Noord gevind.
 
Die voorval
’n Oop badkamervenster het die verdagtes toegang tot die huis gegee. Hulle het in die boer se slaapkamer inbeweeg en die egpaar wakker gemaak. Die boer is met ’n wapen aangehou en beveel om sy kluis oop te sluit.
 
Die egpaar is vasgebind en die verdagtes het deur die huis beweeg op soek na waardevolle items. Die egpaar se ses maande oue baba is glo nie aangeraak nie.
 
Ngcukana sê nog niemand is in verband met die voorval aangekeer nie. Mense met inligting oor die voorval word gevra om adj.off. Craig James Thomas by 082 855 2684 te bel.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights