Deur ALANI JANEKE
15 Augustus 2012

816 keer gelees | 0 kommentaar

Ses verdagtes is in verband met twee plaasaanvalle die afgelope week in hegtenis geneem, en nóg verdagtes word gesoek.


’n Vrou en vier seuns, tussen die ouderdomme van 12 en 17, is in verband met die moord op mnr. Owen Charles, ’n boer van Jansenville in die Oos-Kaap, in hegtenis geneem.

Intussen soek die Polisie in Noordwes na drie verdagtes in die moord op me. Ronel van Eck by haar plaashek, terwyl een verdagte aangekeer is vir die aanval op mnr. Allen Rodgers, ’n Amerikaanse plaasbestuurder.
 
Die vrou en seuns is aangekeer nadat die Polisie ’n verdagte voertuig op ’n pad tussen Plettenbergbaai en Knysna in die Wes-Kaap gejaag het. ’n Oor en weer skietery het tydens die jaagtog voorgekom. Luidens ’n berig op News24.com is die voertuig opgemerk deur ’n verkeersbeampte omdat dit geen nommerplate op gehad het nie.
 
Die beampte het die voertuig gevolg en polisiebeamptes het by hom aangesluit. Die bestuurder van die voertuig het beheer daaroor verloor en die voertuig het gerol en in ’n sloot tot stilstand gekom.
 
Polisiebewaking
Die vrou en twee van die seuns het glo ernstige beserings opgedoen en is onder polisiebewaking in ’n plaaslike hospitaal opgeneem. ’n Sesde verdagte het vermoedelik van die ongelukstoneel gevlug met beserings aan sy gesig. Die voertuig en verskeie gesteelde items wat in die voertuig gevind is, is Charles se besittings.
 
Intussen berig Volksblad dat een man in hegtenis geneem is vir die aanval op mnr. Allen Rodgers, ’n plaasbestuurder van Amerika wat op ’n plaas naby Ladybrand aangeval is. Die Polisie is glo op die spoor van ’n tweede verdagte.
 
Die Polisie in Noordwes sê die feit dat die drie verdagtes wat Van Eck na bewering vermoor het, ’n tweede voertuig gebruik het om op die vlug te slaan, bemoeilik dié ondersoek. Nog geen verdagtes is in dié verband aangekeer nie.
 
Bronne: News24.com - Volksblad
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights