deur ALANI JANEKE
8 Oktober 2012

623 keer gelees | 0 kommentaar

Die vervoerstaking kom op die “verkeerdste tyd moontlik”, meen dr. Theo de Jager.


Verskeie boere in somersaaigebiede sit met die hande in die hare weens die probleme wat die staking deur vragmotorbestuurder veroorsaak. Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê talle boere kla dat hulle nie diesel kan bekom om landerye te bewerk en voor te brei om somergraan te kan plant nie.

“Van die boere het reeds hulle lande reg en wag vir die reën om te kan plant, maar hulle is bekommerd oor dieselvoorraad. Van die ander boere het hul lande nog nie klaar voorberei nie en sê hulle val vas sonder diesel,” vertel De Jager. “Dit is die verkeerdste tyd moontlik vir so iets om nou te gebeur.”

Mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, sê hulle ontvang nie baie klagtes nie. Vermoedelik het baie boere in die provinsie het vroeg voorbereidings begin tref.

Varsprodukte
De Jager sê hy ontvang ook baie klagtes van boere wat vars produkte produseer. Die boere sê hulle sukkel om produkte van plase na varsproduktemarkte te vervoer, en dan weer van die markte na hawens.

Mnr. Ernst Yzel, voorsitter van Aartappel SA, sê veral die boere in Limpopo wat tans aartappels oes, sukkel om hul tafelaartappels na markte vervoer te kry. “Dis regtig baie lastig.”

Mnr. JJ Olivivier, hoof finansiële beampte by Fair Cape-melkery, sê die staking het tot dusver geen impak op dié maatskappy gehad nie.

Hawe en spoorweg werkers
Intussen het die Suid-Afrikaanse Vervoer en Verwante werkersvakbond (Satawu) ’n beroep op hawe- en spoorwerkers gedoen om een dag lank te staak om hul steun aan Satawu-werkers se staking te wys. Luidens ’n berig op News24.com maak Transnet hom gereed vir die moontlike staking.

Onderhandelinge oor Satawu-lede se eise sal op Dinsdag 9 Oktober 2012 hervat word.

Bron: News24.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights