Deur NICO VAN BURICK
6 Junie 2012

541 keer gelees | 0 kommentaar

Ná talle verhogings in brandstofpryse is daar verligting vir boere en motoriste met die petrolprys wat met 55c/l daal en die dieselprys met 28c/l.


Dié dalings tree om middernag Woensdag (6 Junie 2012) in. Me. Laura Campbell, ekonomiese ontleder van Econometrix, meen motoriste kan volgende maand uitsien na nóg ’n verlaging van minstens 14c/l in die petrolprys en ook ’n verdere daling in die prys van diesel.

Sy sê benewens die laer internasionale olieprys wat tot die prysverligting lei, behoort die vraag na diesel in die Noordelike Halfrond nou in die komende somermaande ook af te neem.

Die olieprys was in April gemiddeld sowat $120 per vat. In Mei  het dit tot gemiddeld sowat $108 per vat gedaal en verlede week was dit onder $100 per vat. Vir elke dollar wat die olieprys styg of daal, beïnvloed dit brandstofpryse in Suid-Afrika met sowat 7c/l. 

Ekonomiese onsekerheid
Campbell meen die ekonomiese onsekerhede in Europa en die verkiesing wat weer in Griekeland voorlê, sal help om die olieprys binne perke te hou. Opgebergde voorrade is internasionaal ook hoog.

Die brandstofpryse kon verlede week selfs verder gedaal het as dit nie was vir die rand wat in dieselfde tyd aansienlik verswak het nie. Die rand was begin Mei R7,70 teen oor die dollar en verlede week R8,45. 

Hoewel boere met die jongste daling sowat R308 miljoen op ’n jaargrondslag spaar, bly pryse baie hoog vergeleke met ’n jaar gelede.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights