3 Augustus 2012

647 keer gelees | 0 kommentaar

Flink optrede het gelei tot die in hegtenisname van ’n vermeende inbreker wat gevang is ná ’n huisalarm afgegaan het.


’n Man wat glo op lede van ’n AfriForum-veiligheidstruktuur in die omgewing van Grootvlei-Oos naby Pretoria geskiet het, is in verband met ’n huisbraak in hegtenis geneem. Die lede het flink opgetree nadat hulle in kennis gestel is dat ’n huisalarm Donderdagaand op ’n plaas in die omgewing afgegaan het.
 
Luidens ’n verklaring sê die inwoner van die huis die draadheinings rondom sy eiendom was geknip en sy honde is vergiftig. Die verdagte is gevang ná die lede hom deur die veld sien hardloop het. Mnr. Johan Lucas, voorsitter van AfriForum se Grootvlei-Oos-tak, sê die man het skote afgevuur toe hulle hom aangekeer het.
 
In bosse weggekruip
Volgens Lucas het die verdagte aanvanklik weggekom, maar hy is later in die veld gevind waar hy glo weggekruip het. Die man het na bewering gesê hy het in die bosse gelê en slaap, maar sy skoenspore het ooreengestem met die spore wat by die geknipte heining gevind is. Hy het ook gif in sy besit gehad.
 
Lucas sê die Polisie het glo laat op die toneel aangekom, maar die verdagte is aan hulle oorhandig.
 
Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, die organisasie se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, moedig landelike gemeenskappe aan om by veiligheidsinisiatiewe betrokke te raak.
 
“In die mate wat gemeenskappe in veral landelike gebiede nie op die Polisie kan staatmaak nie, moet ons onsself en ons gemeenskappe teen misdadigers beskerm.”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights