Deur ALANI JANEKE
7 September 2012

495 keer gelees | 0 kommentaar

’n Voorstel vir versekeringsubsidies vir opkomende boere in Suid-Afrika word verwelkom, sê Nerpo.


Die groei van die landbousektor en die skep van beleide om groei te bewerkstellig, is hoog op die voorranglys van die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye in die Parlement.

Mnr. Mlungisi Johnson, voorsitter, het dié versekering gegee aan sowat 250 boere wat die afgelope week die nasionale organisasie vir opkomende rooivleisboere (Nerpo) se jaarvergadering in Pretoria bygewoon het.
 
Luidens ’n verklaring het die organisasie op sy 15de jaarvergadering besluit om ’n voorstel vir so ’n subsidie aan die Regering voor te lê.
 
“Ons verwelkom en ondersteun die basiese idees van dié voorstel. Die voorstel omvat, na my mening, die burokratiese en sistematiese teenstand wat boere ervaar,” aldus Johnson.
 
Skakeling
Johnson het ook ’n beroep op Nerpo gedoen om ’n aktiewer rol te vervul rakende skakeling met die staat en Parlement oor uitdagings wat klein- en opkomende boere in die gesig staar.
 
Die organisasie is ook uitgenooi om deel te neem aan staatsprosesse rakende beleide en projekte wat op die sektor gemik is. Nerpo is die amptelike spreekbuis vir die land se klein- en opkomende veeboere.
 
’n Vergadering met die komitee, om die subsidievoorstel te bespreek, is aangevra.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights