Deur ALANI JANEKE
19 September 2012

777 keer gelees | 0 kommentaar

Die volledige verslag oor hidrobreking en skaliegas-ontginning in die Karoo is deur die staat gepubliseer.


Die verslag wat saamgestel is deur ’n taakspan wat hidrobreking en skaliegasontginning in die Karoo moes ondersoek, bepaal dat “voorwaardelike goedkeuring” toegestaan moet word vir hidrobreking in Suid-Afrika. Die verslag van 80 blaaie is vandeesweek beskikbaar gestel, terwyl slegs ’n opsomming vroeër beskikbaar was.
 
Luidens ’n berig op Engineering News word geskat dat Suid-Afrika op vier na die grootste skaliegasbronne in die wêreld kan hê, wat sowat 485 triljoen kubieke voet gas is.
 
Die taakspan bestaan uit verteenwoordigers van die Departemente van Omgewingbewaring en Waterwese, Wetenskap en Tegnologie, Energie, Minerale Bronne en die Petroleum-agentskap van Suid-Afrika. Tegniese raad is ook by kenners van die Universiteite van die Vrystaat en Wes-Kaapland ingewin.
 
Verdeling
Me. Susan Shabangu, Minister van Energie, het Dinsdag (19 September 2012) erken dat hidrobreking ’n kwessie is wat die land se bevolking verdeel het, met dié wat ten gunste daarvan is en dié wat daarteen is. Sy het opgemerk dat die Kabinet se besluit om die moratorium op hidrobreking op te hef, gesien moet word as deel van die proses om die hulpbron te verifieer.
 
Shabangu het ook gesê die Karoo is ’n “delikate plek” waar baie verskillende sektore verteenwoordig word, van boerdery en sterrekunde tot by hernubare energie. Dit is ook die “skatkis van Suid-Afrika se fossiele.”
 
“Soos wat die mandaat van die Kabinet bepaal, sal ons ’n openbare proses van raadpleging onderneem met alle belangstellende en geraakte partye bykomend tot die regulatoriese openbare oorlegpleging wat gewoonlik met ’n omgewingsimpakstudie saamgaan,” aldus Shabangu. Die volledige verslag is by die berig aangeheg.
 
Bron: Engineering News
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights