Deur ALANI JANEKE
6 Augustus 2012

1443 keer gelees | 1 kommentaar

’n Video oor melkboerdery wat deur twee broers op ’n melkplaas naby New York gemaak is, is ’n treffer op YouTube.


’n Musiekvideo, “I’m farming and I grow it” wat onlangs wêreldwyd opslae gemaak het, het nóg ’n musiekvideo oor die landbou, dié keer oor die melkbedryf, geïnspireer.
 
Die aanvanklike musiekvideo deur die Peterson-broers van Kansas, Amerika, is al meer as 6,5 miljoen keer op YouTube gekyk.
 
Justin en Fred White se video, “Farm it maybe” is drie weke gelede op dié webtuiste gelaai en is reeds meer as 600 000 keer gekyk. Dié video is gegrond op die lied “Call me maybe”, wat tans wêreldwyd ’n musiektreffer is.
 
Luidens ’n berig op FoxNews beskryf die White-broers die video as ’n “ode aan boerdery”, want “die lewe op die plaas is die beste.”
 
Verfilming
Volgens die broers het die verfilming van die video ’n week geduur, maar dit het hulle langer geneem om die woorde van die nuwe lied te onthou. Die jonger broer Fred, oftewel L’il Fred, wat die lied sing, sê met behulp van die video wil hulle mense wat nie blootstelling aan melkplase kry nie, inlig oor wat daagliks op ’n melkplaas plaasvind.
 
L’il Fred lig kykers in oor die verskil tussen ’n koei wat melk lewer en ’n verskalf. Hy verduidelik ook die verloop van sake op ’n gewone dag op ’n melkplaas.
 
“In die oggend kom die melktrok, in die middag oes ons mielies, in die nag word ’n kalf gebore, en dit is ’n gewone dag.”
 
Bron: FoxNews
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Patricia

2012/08/12 10:21:06 PM

dit is so oulik, sal daarvan hou om een te koop, oulik vir die kinders

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights