Deur ALANI JANEKE
25 Junie 2012

400 keer gelees | 1 kommentaar

Vier mans is in hegtenis geneem ná ’n boer van Kuruman die naweek so erg aangerand is dat hy nog nie in staat was om met die Polisie te praat nie.


Vier mans wat Sondag (24 Junie 2012) geprobeer het om ’n gesteelde bakkie in Vryburg te verkoop, is aangekeer in verband met die erge aanranding van ’n boer van Kuruman.

Kapt. Cherelle Ehlers, polisie-woordvoerder, sê mnr. Joseph van Heerden is Saterdagaand (23 Junie 2012) so erg aangerand dat hy nog nie in staat was om meer inligting oor die voorval te verskaf nie.

“Ons weet nie hoe die verdagtes toegang tot die huis gekry het of wat moontlik gesteel is nie. Al wat ons weet, is dat die boer aangeval is, en dat sy bakkie gesteel is,” vertel Ehlers. Sy sê hulle kon nog nie Van Heerden se ouderdom vasstel nie, hulle weet dat hy bejaard is en alleen op die plaas woon.

Van Heerden is tans in ’n stabiele, maar kritieke toestand in ’n plaaslike hospitaal. Ehlers sê die ondersoekbeamptes sal hom ’n paar dae tyd gun om aan te sterk voor hulle sy verklaring oor die gebeure afneem.

Lamola

Intussen gaan AfriForum Jeug voort met ’n saak van haatspraak in die Gelykheidshof teen mnr. Ronald Lamola, die ondervoorsitter van die ANC-jeugliga. Dít volg na Lamola geweier het om om verskoning te vra vir uitsprake wat hy oor boere se veiligheid gemaak het én sy voorneme om nie dié uitsprake te staak nie.

’n Kriminele klag van intimidasie en aanhitsing tot geweld is reeds teen Lamola ingedien. Mnr. Charl Oberholzer, voorsitter van AfriForum Jeug, sê hulle het met Lamola in die ANC se hoofkantoor vergader om sy uitsprake te bespreek.

“In hierdie geval is dit egter duidelik dat die jeugliga nie bereid is om sy siening te verander nie, nie eers toe ons versoek het dat eerlikheid vooropgestel word nie. Die jeugliga het dit duidelik gestel dat hy nie bereid is om verskoning te vra of om die onderneming te gee dat hy nie sal voortgaan om uitsprake wat rassehaat aanmoedig, te maak nie,” aldus Oberholzer.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/06/26 09:10:04 AM

Hierdie is 'n sekere teken dat ons wit mensies se breins, agv wat in die land aangaan die laaste 20 jaar, besig is om te vrot. Het ons nie die les geleer uit wat met die ANC gedoen is nie. Ons het hulle verban en martelaars in die hele wereld se oe gemaak en kyk waar is hulle nou. Nou wil ons die ANC Jeugliga hof toe vat. Sodat ons van die persone martelaars kan maak.... Ek kan nie anders as om te se ...eish.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights