Deur ALANI JANEKE
7 September 2012

647 keer gelees | 2 kommentaar

Protesaksies wat in die Vrystaat voorkom en beriggewing oor die landbou se aandeel daarin wek kommer.


“Toenemende, gewelddadige protesaksies teen dienslewering in Vrystaatse dorpe werk nadelig in op die landelike ekonomie, beskadig infrastruktuur, beïnvloed skoolbywoning en benadeel verhoudinge tussen werkgewers en werknemers,” sê ’n bekommerde Vrystaat Landbou (VL).
 
Luidens ’n verklaring verwys die organisasie spesifiek na die onrus wat die afgelope paar weke op Clocolan en Marquard voorgekom het. Die geweld op Marquard word onder meer toegeskryf aan die watertekort wat dié dorp se inwoners ervaar.

Die gewelddadige optrede op Clocolan het gevolg op verwydering van onwettige plakkers van munisipale landbougrond deur die burgemeester. Die organisasie sê op Marquard het die situasie in ’n stadium gelei tot intimidasie van mense wat werk toe wou gaan, wat beteken dat waardevolle inkomste vir gesinne en boere verlore gegaan het.
 
Verkeerde beriggewing
Vrystaat Landbou verwys in sy verklaring ook na foutiewe beriggewing oor die gebeure, iets wat boere en die landbougemeenskap “rooi laat sien het.”
 
In ’n televisienuusprogram oor die opstande op Marquard is berig dat inwoners soms water van boere op omliggende plase koop. “Dit is wel waar dat ’n beginnerboer op ’n plaas langs die woonbuurt water teen R1 per 20 liter aan inwoners verkoop.

"In teenstelling hiermee stuur kommersiële boere gereeld waterkarre vol water gratis na die woonbuurt.” Vrystaat Landbou sê boere is ontevrede dat die indruk gewek is dat hulle die situasie uitbuit, terwyl die teendeel – wat die waarheid is – nie weergegee is nie.
 
Uitsetting
Wat die geweld op Clocolan en die aanranding van me. Isabel Hugo, ’n afgetrede vrou wat met ’n klip teen die kop gegooi is, betref, is die VL ontevrede dat berig is dat dít ’n gevolg was van die uitsetting van plakkers op ’n plaas. Die ware feite oor die situasie is vroeër in dié berig gestel.
 
Die VL sê hy het reeds aan die premier geskryf om te versoek dat die protesoptredes so gou moontlik ontlont moet word sodat stabiliteit na die landelike gebiede kan terugkeer. “Landboutoestande is nie van die beste nie en verdere onstabiliteit kan die ekonomie in die platteland, waarvan landbou die kern is, verreikende skade berokken en landelike ontwikkeling bedreig.”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/09/08 02:13:08 PM

Die VL is korrek om onmiddelik op sulke insinuasies te reageer en dit met feite reg te stel - ons moet onthou dat "disinformation" 'n uiterste fyn kuns uitmaak om enige teenstander te beswadder en selfs al moet Landbou vir hom 'n kundige op die gebied aanstel en betaal , moet dit gedoen word - die paar 1000 landbouers oor in die land kan nie nog disinformatie bekostig nie - en dis waarop politieke partye hul toespits om teenstanders te probeer ontsenu - met ander woorde met leuens - totdat die leuen later as die "waarheid" aanvaar word


willem

2012/09/08 06:52:21 PM

lees wat se genocidewatch.com as julle wil weet wat kom in sa

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights