Deur ALANI JANEKE
1 Julie 2011

1391 keer gelees | 1 kommentaar

Vrystaat Landbou is weer op pad hof toe omdat die staat glo sy voete sleep met beloftes oor die Lesotho-grenssaak.


Vrystaat Landbou is weer op pad hof toe omdat die staat glo sy voete sleep met beloftes oor die Lesotho-grenssaak.

Di kom sowat ’n jaar nadat die Vrystaatse departement van landbou en Vrystaat Landbou (VL) op 17 Junie 2010 ’n skikkingsooreenkoms oor die Lesotho-grenssaak aangegaan het.

Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van die organisasie se Veiligheidskomitee, sê die hofstukke is gereed en sal binnekort by die Bloemfonteinse Hooggeregshof ingehandig word. Hulle meen die Vrystaatse regering minag die hof en die ooreenkoms.

Hy sê veediefstal langs die grens het die afgelope maande ook toegeneem, hoewel hulle nog nie die besliste rede daarvoor kon bepaal nie. “Dit is so dat groot dele van die heining ontbreek, en dan raak die water in die Caledonrivier ook al hoe minder, wat beteken mense kan dit makliker oorsteek en vee na die ander kant oorjaag.”

Die ooreenkoms
Boere langs die grens het sedert die begin van die jaar opnames gemaak oor dít wat volgens die ooreenkoms ontbreek. Dié ooreenkoms het op drie bene gerus:

1.    Doeltreffende polisiëring van die grens deur die staat.
2.    Die staat wat onderneem om die grenspad wat gepatrolleer moet word, op te gradeer en in stand te hou.
3.    Die oprigting van ’n grenslyn teen R5,5 miljoen tussen Wepener en Zastron, wat later tot by Clarens kan strek.

Lees meer oor die ooreenkoms hier.

Polisiëring
Volgens Breytenbach is daar een kompanie weermaglede wat ontplooi is om die grens te patroleer, en 44 polisiebeamptes wat beskikbaar is om die grens te beveilig.

Volgens die ooreenkoms sou die polisie hul ledetal van 130 langs die grens met 72 versterk het, en toerusting, soos voertuie en infra-rooi verkykers, sou beskikbaar gestel word.

Breytenbach sê hoewel aangedui is dat die Weermag dié funksie later sou oorneem, is dit nie in die ooreenkoms uitgestippel nie. “Moenie ons verkeerd verstaan nie, ons is dankbaar vir die ontplooiing van die Weermag, maar dít was nie deel van ons ooreenkoms met die staat nie,” aldus Breytenbach.

Wat die toerusting betref, sê Breytenbach van die polisielede het soms nie eens voertuie om die grens te patrolleer nie.

Grensdraad
Die ooreenkoms het bepaal dat ’n gesamentlike taakspan van die VL en die departement van landbou in die Vrystaat die beplanning en oprigting van die grenslyn behartig. Tot dusver is nog net 7 km grensdraad opgerig.

“ ’n Bedrag van R19 miljoen is wel in dié boekjaar vir die tweede fase van die heining tussen Wepener en Ladybrand bewillig, en ons is besig om boere as begunstigdes te registreer sodat die staat hulle kan vergoed vir die drade wat hulle oprig,” verduidelik Breytenbach.

Die pad
Wat die opgradering en instandhouding van die pad langs die grens aangaan, lyk dinge glo beroerd. Landbou.com het vroeër vanjaar die grens naby Clarens en Fouriesburg gaan besoek, en dié nuwe pad was slegs vir 4,2 km begaanbaar.

Breytenbach sê dié situasie het nog nie verander nie. In die suide is 50 km van die pad wel geskraap. Die res van die grenspad is egter steeds nie herstel nie.

Kyk gerus hier na die foto’s wat Landbou.com vroeër die jaar langs die grens geneem het.

1 Julie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2011/07/01 03:38:00 PM

Soos wat die Hoë Hof nou 'n munisipaliteit gelas het om die slaggate binne 72 uur te herstel, gaan hierdie arme regering ook nou 'n pak slae kry en boonop regskoste betaal. Laasgenoemde kom nou wel uit die belastingbetaler se sak, maar ek reken dis nie meer lank nie voor die Howe die amptenare aanspreeklik gaan hou vir hierdie regskostes. Dit gaan nie vir altyd aanvaar word dat dit uit belastingbetalers se sakke moet kom nie. Voorspoed aan die Vrystaatse regering, "reality now kicks in"

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights