Deur CORLI VAN DER MERWE
11 Mei 2012

705 keer gelees | 0 kommentaar

Die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf, wat R16 miljard jaarliks werd is, word bedreig deur ’n vrugtevlieg wat tans in Limpopo voorkom.


Die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf, wat R16 miljard jaarliks werd is, word bedreig deur ’n vrugtevlieg wat tans in Limpopo voorkom.

Dié inseksoort, Bactrocera invadens, takel glo veral mango’s en kan tussen 70% tot 100% van mango-oeste vernietig.

Guavas, papajas, piesings en groente, soos soetrissies, pampoen en tamaties, kan ook deurloop. Volgens mnr. Selby Bokaba, woordvoerder van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye, maak vrugte sowat 32% van Suid-Afrika se landbou-uitvoer uit, berig Business Day.

Die departement het streng kwarantynmaatreëls ingestel om dié plaag te bestry. Daar word egter gevrees dat dié maatreëls moontlik nie suksesvol kan wees nie en dat die vrugtevlieg na ander produksiegebiede in Suid-Afrika kan versprei. Dit kan tot die verlies van uitvoermarkte lei.

Volgens mnr. Jan Hendrik Venter, bestuurder van vroeë waarskuwingstelsels van die departement se direktoraat vir plantgesondheid, is dié vlieë nog nie in Suid-Afrikaanse vrugte gevind nie, slegs in lokvalle.

“Dit wil egter nie sê dis nog nie in vrugte nie. Dit beteken slegs dat geen van die vlieë nog in vrugte gevind is nie,” sê Venter.

Die departement het in ’n verklaring benadruk dat geen vrugte sonder ’n permit Suid-Afrika se landsgrense binnegeneem moet word nie.

Bron: Business Day

11 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights