15 September 2012

782 keer gelees | 0 kommentaar

Drie boere wat vandeesweek KwaNalu se kongres bygewoon het, is in ’n vliegongeluk dood, aldus Agri SA.


Drie lede van KwaNalu is Donderdag (13 September 2012) tragies oorlede ná die ligte vliegtuig waarin hulle gereis het naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal neergeslaan het.

Mnre. Jannie Kemp, Jannie Boshoff en Theuns van Rensburg het dieselfde dag dié organisasie, wat ’n affiliasie van Agri SA is, sê jaarkongres in Pietermaritzburg bygewoon.
 
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê volgens ’n verklaring hy het met groot skok van die boere se heengaan kennis geneem.  “Tydens die kongres het ek met van die lede gesels en hulle heengaan is ’n nie net vir Kwanalu ’n verlies nie, maar ook vir Agri SA. Hulle het op verskeie terreine hulle gemeenskap gedien en ’n bydrae gemaak tot ons organisasie.”
 
Ongeluk
Luidens ’n berig op Nuus24.com sê van die inwoners van die gebied, wat eerste op die toneel afgekom het, dat swart rook in die omgewing sigbaar was toe die vliegtuig geval het. Die ongeluk het omstreeks 17:30 plaasgevind.

Die ongelukstoneel kon nie met ’n voertuig bereik word nie, en reddingswerkers moes vir sowat ’n uur en ’n half oor die berg stap om die wrak te bereik. Die drie mans was reeds oorlede toe die toneel bereik is. Hulle het almal erge brandwonde opgedoen.
 
Agri SA sê in dié stadium is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie, maar hulle vertrou dat die voorval deeglik ondersoek sal word.
 
Möller sê hulle betreur Boshoff, Kemp en Van Rensburg se heengaan en betuig hulle innige simpatie met die families.
 
Bron: Nuus24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights