Lidlande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (
SAOG) is versoek om humanitêre maatreëls te tref om ’n dreigende voedselkrisis die hoof te bied. ’n Leiersberaad het die afgelope naweek in Maputo in Mosambiek plaasgevind, waar lede oor kosskaarstes in onder meer Zimbabwe, Zambië, Malawi en Namibië ingelig is.
Luidens ’n
berig in Beeld sê die organisasie hondersnood staar meer as 40% van Zimbabwe se bevolking in die gesig, en sowat 11% van hulle het reeds internasionale voedselhulp ontvang. Verder neem veevrektes in die lidlande toe, en ’n graantekort van 5,5 miljoen ton bestaan in die streek.
R10 miljardDie SAOG het onderneem om te poog om R10 miljard vir grootskaalse oorgrens-infrastruktuurprojekte te vind. Dié projekte sal op handel en ontwikkeling in die gebied fokus.
Mnr. Donald Kaberuka, voorsitter van die
Afrika-ontwikkelingsbank, sê die voortslepende geldkrisis in Europa het die streek se ekonomie benadeel. Die streek se groeikoers het van 5,5% in 2010 tot 4,7% verlede jaar afgeneem. ’n Stagnante inflasiekoers van 8,3% dra tot die probleme by.
Intussen het die gemeenskap van Kaokoland in die noorde van Namibië verlede week sy regering versoek om voedselbehoeftes met wildsvleis aan te vul.
Bron:
Beeld