Deur ALANI JANEKE
23 Augustus 2012

772 keer gelees | 1 kommentaar

Stygings in voedselpryse wat Suid-Afrika binne die volgende paar maande kan tref, kan die gemeenskap destabiliseer.


Die uitwerking van voedselprysstygings wat die land binne die volgende paar weke kan tref, is ’n groot bron van kommer vir die Vereniging van Dierevoeding-vervaardigers (AFMA).

Vrese bestaan dat die uitwerking wat aansienlike kommoditeitsprysstygings op voedselpryse kan hê, tot destabilisering van gemeenskappe kan lei.
 
“Ons is baie bekommerd oor die volle impak en implikasies van die dreigende krisis wat nog nie ten volle in voedselpryse deurgegee is nie,” aldus mnr. De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur. Volgens ’n verklaring waarsku hy verder dat dié prysstygings tot grootskaalse hongersnood kan lei omdat arm mense minder voedsel sal kan bekostig.
 
Die grootste rede vir dié stygings is volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) die droogte wat ’n klein oes in Amerika tot gevolg het, en die invloed van biobrandstof op beperkte graanvoorrade.
 
Veebedryf
Mieliepryse het reeds die hoë vlakke van 2008 en 2011 verbygesteek, en in Julie vanjaar alleen het dié prys met 23% gestyg. Koringpryse het dieselfde roete gevolg, en volgens AFMA voel die veebedryf wêreldwyd reeds in die invloed van die hoë pryse.
 
“Die Suid-Afrikaanse lewendehawe-bedryf is nie uniek nie en as ’n internasionale prysnemer, staar dieselfde uitdagings van hoër pryse vir alle groot voerkommoditeite hom in die gesig,” sê Boshoff.
 
In die jaar van Augustus verlede jaar tot Augustus vanjaar het mieliepryse met 23%, soja-oliekoekpryse met 68% en sonneblom-oliekoekpryse met 26% gestyg.
 
Regulatoriese uitdagings
Boshoff sê terwyl die bedryf dié uitdagings moet probeer te bowe kom, stel die staat binne die plaaslike regulatoriese omgewing verdere uitdagings aan hom.
 
Volgens onbevestigde bewerings gaan net 300 000 ton mielies in die volgende jaar ingevoer word, terwyl 1,2 miljoen ton uitgevoer sal word. Dié moontlike scenario sal plaasvind teen die agtergrond van “onaanvaarbaar stadige vordering met die registrasie van GMO’s (geneties gemodifiseerde gewasse) en die regulatoriese stelsel.”
 
Dié sloering lei, volgens Boshoff, tot ’n situasie waar Suid-Afrika nie sekere mielies van Argentinië, Brasilië en Amerika teen ’n aansienlik goedkoper prys kan invoer nie.
 
Hoender
Volgens Boshoff is dié bogenoemde situasie in regstreekse teenstelling met die feit dat die staat die invoer van hoenders wat op GMO mielies gevoer is, toelaat. Die sloering met die registrasie van sekere GMO mielies dra ’n bykomende R170 per ton voer vir die plaaslike hoenderbedryf by, terwyl dit met grootskaalse invoer moet meeding.
 
Boshoff sê die druk wat die situasie op die plaaslike hoenderbedryf plaas, sal daartoe lei dat hoër koste vir boere aan verbruikers deurgegee sal moet word. Dít sal weer die staat se doelwit van voedselsekerheid en werkskepping teenwerk.
 
“Dié situasie maak dringende aksie deur die Regering op ’n senior vlak broodnodig, sodat die staatsmasjienerie vir die Suid-Afrikaanse bedryf kan werk,” meen Boshoff.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/23 05:06:08 PM

Ek stem saam dat kommoditeitsprysstygings op voedsel tot destabilisering van gemeenskappe kan lei. Die probleem is mos eenvoudig - waar gaan die populasie die inkomste/geld vandaan kry om daarvoor te betaal? - ek sien groot uitdagings wat vir onse president voorlê. As mense honger raak - how are you going to get it to the people ? No amount of political freedom can satisfy the hungry!!.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights