Deur THEUNS BOTHA
8 Augustus 2012

705 keer gelees | 1 kommentaar

Suid-Afrika is tot dusver kos-opstande gespaar omdat genoeg voedsel in die land geproduseer word.


“Ek wil nie weet wat met die opstande oor dienslewering wat nou oral in die land opvlam, sou gebeur het as dit op leë mae sou geskied het nie,” het prof. André Jooste, senior bestuurder by die Nasionale Landboubemarkingsraad, op Agri Oos-Kaap se kongres gesê.

Volgens Jooste vaar die landbou relatief goed in die land. Nie alleen is dit ’n groot werkskepper nie, maar bied dit ook talle potensiële werkgeleenthede. Hoewel die landbou die afgelope dekade 600 000 minder mense in diens geneem het, kan dit verander namate die behoefte aan kos toeneem en die Regering nie die landbou kniehalter nie.

Navorsing deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) beraam dat ’n verdere 300 000 werkgeleenthede in die kommunale dele van die land geskep kan word.

Wenbedrywe kan baie werk skep
In die “wen”- bedrywe, soos die wyn- en sitrusbedryf wat op die uitvoermark gerig is, kan nóg 200 000 werkgeleenthede op plase en 100 000 geleenthede in die sekondêre bedrywe geskep word. ’n Verdere 10 000 werkgeleenthede kan in die minder intensiewe saaistreke en sowat 65 000 in die veebedryf geskep word.

“Die rol wat die landbou in vrede en werkskepping in die land kan speel, word ongelukkig steeds onderskat. “Die Organisasie vir Ekonomiese Ontwikkeling en Samewerking (OESO) het beraam dat die bydrae van die landbou tot armoedeverligting tot ses keer hoër as in enige ander sektor is.

"Die werk wat deur die Nasionale Beplanningskomitee gedoen word, sal ’n ver pad gaan om die doelwitte te bereik. Daar sal egter ook erkenning moet kom dat die landbou nie net ’n maatskaplik-politieke rol het om te vervul nie. Dit het ook ’n rol in die sakewêreld te speel,” het Jooste gesê.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/08 01:24:10 PM

die sekuriteit wat aan landbouers deur die regering verskaf gaan word ten opsigte van hul belegging in die landbou , gaan 'n beslissende rol speel ten opsigte van die vraag oor of daar voldoende voedsel oor 10 jaar gaan wees - landbouers sal onttrek en hul beleggings elders plaas, indien die risikos te groot raak.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights