3 Mei 2012

783 keer gelees | 1 kommentaar

Die ledetal van die Volstruisbesigheidskamer het “aansienlik” gedaal en die bedryf wag desperaat om vleis uit te voer.


Die ledetal van die Volstruisbesigheidskamer (VBK) het gedaal en die bedryf wag desperaat om vleis uit te voer.

Luidens ’n berig op News24.com sê mnr. Piet Kleyn, waarnemende hoof van die VBK: “Dit (die ledetal) het die laaste paar maande aansienlik gedaal, met die Europese Unie (EU) se verbod op uitvoer as die hoofrede, aangesien dit (die bedryf) nie meer winsgewend is nie.”

Die VBK het begin verlede jaar 741 lede gehad, maar dit het drasties gedaal sedert die H5N2-voëlgriepvirus in April verlede jaar in die Klein-Karoo uitgebreek het.

'n Afvaardiging van die Europese Unie het die plaaslike bedryf vroeër vanjaar besoek, en sekere voorstelle vir die verbetering van die bedryf gemaak. Kleyn sê die Regering het glo aangedui dat hy om die opheffing van die verbod aansoek sal doen sodra dié voorstelle gereed is. Die virus het in Februarie vanjaar laas voorgekom.

Help nou
Volgens die aanbevelings moet alle boere in die bedryf hul ondernemings en boerderye herregistreer en aan sekere standaarde voldoen. Kleyn sê dié proses kan tot ’n jaar duur en die bedryf het nóú ’n inkomste nodig.

“Kom ons kry maniere om hulle nou te laat uitvoer, andersins sal die bedryf in duie stort,” aldus Kleyn. “Ons het ’n situasie waar alle (volstruis) boere in die uitvoermark vir sowat ’n jaar lank nie ’n inkomste gehad het nie. Hulle sukkel om te oorleef en moet meer kapitaal belê om in staat te wees om uit te voer.”

Sowat 40 000 volstruise is sedert die uitbreking van die siekte verlede jaar van kant gemaak. Die Klein-Karoo-vallei verskaf jaarliks sowat 90% van sy volstruisvleis aan die EU, met sowat 250 000 diere wat jaarliks vir vleis, vere en leer geslag word.

Bron: News24.com

3 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/28 10:31:41 AM

Dalk is dit nou die tyd om te vergeet van die volstruisboerdery en eerder te fokus op al die hongersnood in Afrika. Die uitvoer van volstruisprodukte het wel goeie inkomste gebied, maar wat van al die honger mense wat slegs 'n klipgooi van ons af is?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights