Deur ALANI JANEKE
18 Junie 2012

520 keer gelees | 0 kommentaar

Gesprekke vind tussen die Pluimveevereniging en die Volstruisbesigheidskamer plaas om die volstruisbedryf as ’n been van SAPA te laat inlyf.


Geluide oor die moontlike lidwording van die Suid-Afrikaanse Volstruisbedryfskamer (SAVBK) van die pluimvee bedryf is gemaak tydens die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging (SAPA) se jaarkongres in Johannesburg.

Mnr. Piet Kleyn, waarnemende hoof-uitvoerende beampte van die VBK, sê hulle oorweeg dit om as ‘n  been van SAPA by die organisasie betrokke te raak.

“Ons het in elk geval noue samewerking met SAPA, veral wat navorsing oor siektes soos Avian Influenza betref,” vertel Kleyn. Hy sê die VBK se direksie vergader later die week om die proses en lidmaatskap te bespreek.

Registrasie so gou moontlik
Intussen versoek Kleyn volstruisboere om so spoedig moontlik hulle plase weer te registreer sodat die proses om die bedryf se uitvoerstatus te herstel, so vinnig as moontlik kan plaasvind. “Die boere moet weer heraansoek doen vir registrasie by die SAVBK of by hulle plaaslike staatsveearts.”

Kleyn sê hulle baklei so hard as moontlik om die bedryf se uitvoerstatus, wat die grootste deel van die bedryf se inkomste genereer, weer ingestel te kry. Die uitvoerstatus is in April 2011 opgehef weens ‘n  uitbreking van die H5N2 Avian Influenza virus in die Klein Karoo. Die bedryf verloor sedertdien maandeliks R108 miljoen aan uitvoerinkomste.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights