Foto: ISANRA ROSSOUW
Een van die mees uitgesproke ANC-LP’s wat die Parlement se landbouportefeuljekomitee al gehad het, mnr. David Dlali, is op sy plaas by Matatiele in die Oos-Kaap vermoor.
Die 52-jarige Dlali was ’n lid van die Parlement van 2001 tot 2009. Hy het op verskeie portefeuljekomitees gedien, insluitend die een vir landbou en grondsake.
Dit is hier waar sy passie vir die landbou sterk na vore gekom het en hy die destydse Departement van Landbou en Grondsake gereeld oor die kole gehaal het oor swak dienslewering.
Ná die 2009-verkiesing het hy by die Ministerie vir Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede aangesluit as spesiale adviseur vir die minister, me.
Lulu Xingwana.Xingwana was die voorganger van me.
Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dlali het met beeste en skape op die plaas geboer.
TalentvolDie Kantoor van die ANC-hoofsweep het luidens ’n verklaring gesê dat hy’n talentvolle kader en
merkwaardige strateeg was.
Intussen het die
TLU SA aangedui dat daar vanjaar reeds 18 boere in 53 aanvalle op plase vermoor is.
Volgens die organisasie bring dit die algehele plaasmoordsyfer sedert 1990 op 1 569 te staan. Die TLU SA sê hy het reeds suksesvolle bekendmakingsaksies oor plaasmoorde plaaslik en internasionaal bekend gestel.
Sy internasionale bewusmakingsveldtog gaan onverpoos voort, met verskeie inisiatiewe wat tans beplan word.