Deur ALANI JANEKE
11 Oktober 2012

876 keer gelees | 0 kommentaar

Hoe kan die staking van vragmotorbestuurders voortgaan te midde van geweld, vra 'n bekende Wes-Kaapse boer.


Die bestuurder van ’n vragmotor wat Woensdag 10 Oktober 2012 van die Wes-Kaap na Namibië onderweg was, is deur stakers op die N1 aangerand

Mnr. Jean Engelbrecht, hoofbestuurder van die Rust en Vrede-landgoed buite Stellenbosch, sê die bestuur.der is ’n Namibiese burger en het in ’n vragmotor met ’n Namibiese registrasienommer gery. Hy het toerusting na die buurland vervoer. Weens sy beserings is die bestuurder in ’n hospitaal opgeneem.

Engelbrecht sê: “Ons sien die hele dag lank vakbondverteenwoordigers wat sê alles is onder beheer en dis nie vakbondlede nie. Maar hoe kan die staking voortgaan as die stakers hulle aan geweld skuldig maak?” Hy vra dié vraag gegrond op ’n wetsbepaling dat as stakers hulle aan geweld skuldig maak, kan ’n aansoek gebring word dat die staking stopgesit moet word.

Markte vir wyn en vrugte geknou
Volgens Engelbrecht is hulle ook bekommerd oor die invloed wat die uitbreiding van die staking na spoorvervoer en hawens op wynuitvoer sal hê. “Tydens so ’n staking kan jy nie jou wyn na hawens stuur nie, want jou wyn staan net in die son daar en niemand wil verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. En as jy nie wyn aan jou internasionale markte lewer nie, verloor jy jou mark en só word jare se harde werk ongedaan gemaak.”

Intussen het Vrugte Suid-Afrika ’n versoek tot die South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) gerig om nie spoorvervoer en hawens by die staking te betrek nie. Die organisasie sê as die staking uitbrei, sal dit die bedryf en die ekonomie as ’n geheel benadeel. Met die Transnet-staking in 2010 die bedryf R150 miljoen aan uitvoerinkomste ingeboet.

So ’n staking sal ook die werksgeleenthede van sowat 460 000 individue in die vrugtebedryf bedreig, met meer as 2 miljoen mense wat van dié groep se salarisse afhanklik is.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights