Vrede-melkplaas rem ontwikkeling – VL

Deur Johan Norval
10 Augustus 2017
Die miljoene rande wat glo via die Vrede-melkplaas in die Guptas se beursies beland het, belemmer landelike ontwikkeling in die Vrystaat.

Wie is verantwoordelik vir die R84 miljoen van die Vrystaatse begroting na die Gupta-koffers gevloei het, asook die verdere R30 miljoen wat vir ‘ Gupta-troue betaal is, het mnr. Dan Kriek in sy voorsittersverslag op Vrystaat Landbou se kongres gevra.

Kriek sê Vrystaatse boere is bereid en gereed om groei in die landelike ekonomie as ‘n saak van dringendheid te inisieer.

Hy het genoem dat een moontlikheid innoverende plaaslike waardetoevoeging is, wat op veranderende verbruikersvoorkeur gefokus is, met behulp van nuwe tegnologie. “Die landbou neem steeds die voortou in die ekonomiese herstel ná die droogte,” se hy.

Wie is aanspreeklik?
Met verwysing na die populistiese uitdrukking van radikale ekonomiese transformasie, sê Kriek dat ‘n pragmatiese ekonomiese oplossing nodig is om die uitdagings “wat ons as ‘n nasie in die gesig staar”, te bowe te kom.

Hy sê die legitimiteit van die Vrystaatse regering en sy verbintenis tot landelike ontwikkeling is in die gedrang indien dit waar is dat R84 miljoen van die Vrystaatse begroting na die Gupta-koffers gevloei het, asook dat ʼn verdere R30 miljoen vir ‘n Gupta-troue betaal is. “Ons wil weet wie gaan aanspreeklik gehou word en watter regstellende stappe gedoen sal word,” se hy.

* Klik hier om die spoor van geld na die Guptas te lees, soos deur die #GutpaLaeks saamgestel is.


Kommentaar

Kommentaar (4) “Vrede-melkplaas rem ontwikkeling – VL

  1. Andre Els
    Andre Els

    Mnr Kriek wat ek nie verstaan waarom gebruik jy die mediaplatform maar le nie n klag van diefstal nie. Doen iets omtrent die saak!!.

  2. Saaiboer
    Saaiboer

    Andre Els, jy slaan die spyker op sy kop.

  3. mkruger
    mkruger

    Andre,
    Wat gaan hy daarmee bewys.
    Zuma se ander skelm tjomme die Shaiks speel lekker golf.
    Om hulle te vervolg is ‘n vermorsing van staatsgelde.

  4. Willie Weich
    Willie Weich

    As ons almal bereid is om lid van Vl tewees ons bydra ta maak om die klag te lê. Sal dit moontlik wees om klag te lê. So saak sal miljoene kos. Hierdie geld sal dan deur ons landbouers bymekaar gemaak moet word. So kom na die party en wees deel van die oplossing.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels