Deur JOHAN NORVAL
16 Augustus 2012

4254 keer gelees | 4 kommentaar

’n Bekroonde suiwelprodusent en veearts van Heilbron is aangewys as die Vrystaat se Meestersuiwelboer vir 2012.


Dié eer het dr. Kobus Hendriks en sy vrou, Belinda, van die plaas Bronkhorstfontein, al 13 keer die afgelope klompie jare te beurt geval om as die provinsiale wenner van die Meestersuiwelboer-vereniging aangewys te word. Hulle Spitsvuur-Holsteinkudde sal later vanjaar teen die ander provinsiale wenners te staan kom om die land se beste melkboer aan te wys.

Hendriks, wat tans sowat 560 koeie in melk het, was onder meer ook al Landbouskrywers SA se nasionale Boer van die Jaar.

Hy sê die hedendaagse suiwelprodusent het verskeie uitdagings wat die hoof gebied moet word, soos skaalekonomie deur die getal koeie in melk te verhoog en hy moet ook sy kosteberekeninge haarfyn uitwerk.

“Jy moet weet wat is jou produksietkoste, dan kan jy die volgende oggend reeds weet wat is jou inkomste uit die melkproduksie,” sê hy. “Jy kan dan baie maklik jou marge bo voerkoste bepaal. Natuurlik lê die uitdaging daarin om elke ding 5% beter as die volgende ou te doen.”

Om ’n melkery suksesvol te bedryf, is dit volgens Hendriks nie nodig om uitsonderlike praktyke na te volg wat ander nie doen nie. “Jy moet alles wat jy in die melkery doen, net ’n klein bietjie beter doen as die res deur aan al die aspekte aandag te gee.”

Uitsonderlike praktyke
Een van die uitsonderlike praktyke wat die Hendrikse se Inovula-maatskappy sedert 1984 volg, is embrio-oorplasings in die kudde. Daardeur word hulle beste teelmateriaal vinnig vermenigvuldig, waardeur streng seleksie toegepas word.

Met behulp van die toepassing van die hedendaagse genomika word bepaal watter eienskappe dié geselekteerde diere met ’n herhaalbaarheid van 70% oordra. Daarna word die genomiese vroulike diere geselekteer en met die saad van die beste genomiese diere ter wêreld en uit hulle eie kudde gespoel.

Daardeur het die Spitsvuur-Holsteins die afgelope tyd geneties baie vinniger vooruitgegaan, sê hy. “Deur die seleksie van die regte dier vir ’n bepaalde omgewing, word die marge bo voerkoste opgestoot, aangesien dié diere geneties in staat is om die beste te reageer op die voer wat jy vir hulle voorsit,” sê Hendriks.

Hendriks het die suiwelbedryf in 1986 betree nadat hy jare lank ’n veearts op Kroonstad was. Hy was toe baie betrokke by embrio-oorplasings landwyd. Hy het ná die afsterwe van sy pa die familie-melkery oorgeneem.

Hy is deesdae net veearts op sy eie plaas en gee al sy aandag aan sy onderneming.

Die Meestersuiwelboer-vereniging se naaswenner is mnr. Jacques Moll van Ficksburg, ’n voormalige provinsiale en nasionale wenner. In die derde plek is mnr. Frans Wolhuter van Magogongen en mnr. Jan Zim van die distrik Kestell is aangewys as die beste opkomende melkprodusent.



Van links is mnr. Peter de Villiers, gasspreker en voormalige Springbok-afrigter, mev. Belinda Hendriks en haar man, dr. Kobus Hendriks, Vrystaatse Meestersuiwelboer, en mnr. Rampie de Wet, organiseerder van die kompetisie.

 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gerdie Landman

2012/08/16 08:11:05 PM

Veels geluk aan Dr Kobus en sy span met hierdie groot toekenning. Julle is 'n voorbeeld vir die ander melkprodusente regoor die RSA. Julle plaas het nie besproeiing nie en tog bedryf julle 'n Wêreldklas operasie. Na ons vorige besoek aan julle plaas en melkery het veral ons seun Chris baie waarde geput uit Dr Kobus se goeie raad en waardevolle voorskrifte vir die bestuur van post partum koeie. Nogmaals dankie dat julle die kennis en ervaring met ander melkprodusente deel. Groetnis uit die melkstal, Gerdie en Chris Landman


Fanus Linde

2012/08/17 01:10:37 PM

Dr Kobus, baie geluk met nog 'n puik prestasie. Ek glo jou wetenskaplike boerdery metodes is vir die hele bedryf tot voordeel. GWK is trots om jou lusernvenoot te wees. Sterkte met die volgende rondte. Groetnis van die GWK Lusernspan.


Nico Fouche

2012/08/19 02:03:48 PM

Veels geluk aan u met die lofwaardige prestasie, wat ook 'n aanmoediging is vir ander boere om die leer van sukses te klim. Dit was ook heerlik om die meestersuiwelboer-geleentheid saam met u te kon geniet!


Thabo Strydom

2012/08/20 03:10:51 PM

Baie geluk Kobus. Jou pa, oom Willie , sou darem trots op jou gewees het. Bou so voort!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights