Deur CHARL VAN ROOYEN
15 Oktober 2012

610 keer gelees | 2 kommentaar

Die Vrystaat het skoonskip gemaak in vanjaar se toekennings deur Graan Suid-Afrika aan landbouers.


Mnr. Gilly Scheepers wat in distrikte Fouriesburg, Paul Roux en Bethlehem in die Oos-Vrystaat boer, is Vrydagaand in Midrand, Gauteng, as Graan Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar bekroon.

Hy produseer hoofsaaklik mielies in 'n wisselbouprogram met koring en droëbone. Scheepers boer ook met Afrikaner-Sussex-kruisbeeste waaruit speenkalwers geproduseer word en Merino-skape op veld in die somer en aangeplante weiding in die winter, asook hoenders, waarvoor 'n groot deel van sy mielies aangewend word.

Prof. Maryke Labuschagne, hoof van die afdeling planteteelt aan die departement plantwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, is as Graanwetenskaplike van die Jaar bekroon. Dit is die eerste keer dat 'n vrou hierdie toekenning ontvang.

Sy het waardevolle werk oor die genetiese verbetering van die gewasgehalte van koring en mielies gedoen, onder meer oor gluten-proteïen in koring, wat die belangrikste bepaler van koring se bakgehalte is. Labuschagne is vroeër ook as Landbouskrywers SA se Landboukundige van die Jaar aangewys.

Mnr. Israel Motlhabane van Wesselsbron is vanjaar se Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar. Hy ploeg sowat 600 ha grond vir die verbouing van mielies. Motlhabane pas minimum-bewerking toe.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


casper labuschagne

2012/10/16 02:35:26 AM

Baie geluk aan die vrystaters.Dit is voorwaar n prestasie.Duidelik boer hulle beter as wat hulle rugby speel.


Dirk

2012/10/31 05:51:21 PM

Het iemand miskien vir my mnr Gilly Scheepers se kontak besonderhede asb.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights