Deur ISABEL STOLTZ
28 Februarie 2012

714 keer gelees | 0 kommentaar

Die onwettige plakkers by Wallmansthal buite Pretoria het skielik van deuntjie verander en teen hul eie ooreenkoms met die staat appèl aangeteken, sê AfriForum.


Die onwettige plakkers by Wallmansthal buite Pretoria het skielik van deuntjie verander en teen hul eie ooreenkoms met die staat appèl aangeteken, sê mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, woordvoerder van AfriForum.

In ’n skikkingsooreenkoms wat deur die hof bekragtig is, het die plakkers ingestem om die regskoste in die geding te dra en teen 23 Februarie die grond te ontruim wat hulle onwettig beset nadat die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming om ’n uitsettingsbevel aansoek gedoen het.

Besitreg?

Die plakkers voer nou aan hulle het besitreg omdat hulle op die grond bly, sê hy. Die appèl is op 15 Februarie aangeteken. ’n Polisiekaptein wat in ’n onverwante saak van korrupsie aangekla is, is na bewering betrokke by die onwettige verkoop van die grond wat reeds suksesvol deur ’n groep mense geëis is, maar steeds aan die staat behoort. AfriForum is deur die begunstigdes van die grond gevra om tot die saak toe te tree.

“Die kwessie rek nou uit. Die balju is gereed om die uitsetting uit te voer. Ons wag op die departement om aan te dui of hy die appèlaansoek teenstaan en of die hof dit gaan toestaan,” sê Jansen van Rensburg.

“Die departement sloer om die saak deur te voer, maar ten minste is die groot toestroming van mense na die grond gekeer en die situasie het gestabiliseer.” Onwettige plakkers op Haakdoringlaagte, ’n aangrensende stuk grond, het nog tot 19 Maart om ’n uitsettingsbevel uit te voer of teen te staan, sê hy.

28 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights