deur ALANI JANEKE
29 Mei 2012

471 keer gelees | 1 kommentaar

Watertariefaanpassings vir die 2012/’13-boekjaar het stygings van tot 20% ten opsigte van waterinfrastruktuur tot gevolg, sê Agri SA.


Watertariefaanpassings vir die 2012/’13-boekjaar het stygings van tot 20% ten opsigte van waterinfrastruktuur by sommige staatswaterskemas tot gevolg, sê Agri SA.

Luidens ’n mediaverklaring sê die organisasie dat van die voorgestelde verhogings, in gevalle waar die onderhouds- en bedryfskoste nog nie ten volle verhaal word nie, tot 50% kan beloop.

Die Departement van Waterwese het nie die maksimum toelaatbare stygings toegepas nie. Volgens die departement moet sy prysstrategie spoedig hersien word sodat dit meer deursigtig kan word.

“Hoewel die koste van waterhulpbronbestuur in sommige van die 19 wateropvanggebiede hoë stygings toon, is die werklike omvang van dié koste in die meeste gevalle nominaal”, sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

Buitensporig

Möller sê in gevalle waar waterinfrastruktuurkoste reeds ten volle verhaal word, is verhogings van tot 20% buitensporig en sal dit die landboubedryf en boere benadeel.

“Die landbou is uitgelewer aan en kwesbaar vir geadministreerde pryse, soos water- en elektrisiteitstariewe, wat die bedryf se ekonomiese lewensvatbaarheid bedreig, welke koste nie regstreeks aan die waardeketting deurgegee kan word nie.  Volhoubare produksie en voedselsekerheid word ernstig hierdeur bedreig.”

Van die tariewe by sommige skemas het  ’n daling getoon, en Möller sê dit is bemoedigend om te sien dat die departement se berekenigsmetodes dus begin vrugte afwerp.

Die departement se prysstrategie moet elke vyf jaar hersien word, en Agri SA sê hy hou die situasie dop aangesien die vorige hersiening reeds in 2005 plaasgevind het. “Na verneem word, is die tender vir die hersiening van die prysstrategie nog hangende.”

Watertariewe
is van groot belang vir kommersiële besproeiingsboere, wat tans sowat 1,3 miljoen ha grond benut. Sowat 120 000 werksgeleenthede word deur dié deel van die landboubedryf geskep en sowat 250 000 tradisionele bestaansboere word ook daardeur verteenwoordig.

29 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van blerk

2012/05/30 10:14:37 AM

Veg voort asb mnr Moller - ook die tlu - hierdie departemente asook eskom raak nou al gulsiger en sal nog landbou wurg tot hul kniee knak !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights